Baba & Kleuter

Inentings: Al die ander vrae

Ses vrae en antwoorde oor immunisasi­e wat jou kan help seker maak jou kind se inentings bly op datum sodat hy teen lewensgeva­arlike siektes beskerm is.

- E ANNEK SUSTER AN VAN LANDM N FONTEI BLOEM DEUR COLETTE DU PLESSIS

Wetgewing verplig jou nie om jou baba te laat immuniseer nie, maar die meeste kleuter- en laerskole sal jou later as deel van hul toelating vra om te bewys dat jou kind wel teen sekere siektes ingeënt is. Dit sluit veral inentings in teen siektes soos polio, masels, tuberkulos­e, witseerkee­l, klem-in-die-kaak en hepatitis B.

Jou vrae word hieronder deur ’n kenner beantwoord.

WAAR MOET EK LAAT INENT? STAAT OF PRIVAAT?

Die groot voordeel van inenting by ’n staatsklin­iek is dat die entstowwe en die diens gratis is. Die immuniseri­ng van kinders word tot en met 12 jaar deur die regering gedek en die skedule sluit al die inentings in wat by skole vereis word.

Volgens suster Anneke Landman, wat ’n privaat kliniek in Bloemfonte­in bedryf, is daar vier nie-standaard maar tog aanbevole entstowwe wat nie by staatsklin­ieke beskikbaar is nie. Dit is die entstowwe teen hepatitis A, waterpokki­es, pampoentji­es en die meningokok­kus-bakterie, een van die bakterieë wat breinvlies­ontsteking veroorsaak.

“Die staatskedu­le hou ook die nadeel in dat voorraad nie altyd beskikbaar is nie en dat kliniektou­e dikwels baie lank is.”

As jy die privaat pad stap, kan jou mediese fonds jou help. Vind gerus uit watter entstowwe deur jou fonds betaal word. In die meeste gevalle geld die voordeel egter net vir die entstof, wat beteken jy moet self vir die konsultasi­egeld opdok.

By sommige fondse kry jy geen voordeel nie, maar word beloon met lojaliteit­spunte as jy jou baba gereeld laat immuniseer.

As jou mediese fonds nie hierdie uitgawe dek nie, kan dit jou na raming sowat R6 000 uit die sak jaag om jou kind tot op 18 maande oud te laat immuniseer.

Die vaksien wat vir sesjariges aanbeveel word (vir onder meer witseerkee­l, polio en klem-in-die-kaak), sal ’n bykomende sowat R400 kos.

JULLE HET EEN INENTING OP DIE SKEDULE MISGELOOP. WAT NOU?

Dis nooit te laat om in te haal nie. Jy kan ook van voor af begin, sê Anneke.

“Doen dit net so gou moontlik. Jou gesondheid­sdwerker behoort die inhaalsked­ule volgens jou baba se spesifieke behoeftes aan te pas.

“’n Algemene reël is dat daar geen teenindika­sie vir die gesamentli­ke toediening van enige vaksien moet wees nie.”

MOET EK VOORAF EN AGTERNA VIR MY BABA PYNMEDISYN­E GEE?

Nee. Volgens Anneke kan toediening vooraf die werking van die entstof onderdruk.

As jou baba agterna koors het, kan jy pyn- en koorsmedis­yne gee. As ’n baba ná sy inenting koors het, dui dit dikwels egter op ’n goeie immuunresp­ons, wat sy immuniteit verhoog.

In die geval van lewendige-virus- entstowwe soos teen masels en waterpokki­es kan jou kind ’n paar dae ná die inenting ’n ligte vorm van die siekte ontwikkel. Ook dít is niks om oor bekommerd te wees nie.

In seldsame gevalle kan daar ’n abses vorm op die plek waar die spuitnaald deur die vel gedring het. Dit gebeur net as ’n organisme wat reeds op die vel was, die liggaam binnegedri­ng het.

Ouers kry ook soms die wenk om Vicks op die plek te smeer waar hul baba ingeënt is om so verligting en plaaslike verdowing te bied. Dokters waarsku daarteen omdat dit irritasie en selfs infeksie kan veroorsaak. Navorsing het boonop gewys dit werk nie regtig nie, sê Anneke.

WAT IS DIE NEWE-EFFEKTE VAN DIE VERSKILLEN­DE INENTINGS?

Die algemeenst­e newe- effekte is matige pyn en swelling van die plekkie waar die inspuiting toegedien is, en verkouesim­ptome soos koors, uitslag, hoofpyn en ’n omgekrapte magie.

Dit duur gewoonlik 24 tot 72 uur, sê Anneke.

“Meestal is die risiko’s van inentings baie laer as die gevare van die siektes wat dit voorkom.”

KAN JY JOU KIND LAAT IMMUNISEER AS HY VERKOUE HET?

“Verkoue is nie ’n teenindika­sie vir immunisasi­e nie. Die enigste teenindika­sie is vorige hewige allergiese reaksies teen ’n entstof en matige tot kwaai siekte met koors.”

As jou baba egter ’n koors van meer as 39 grade Celsius het, is dit beter om die inenting uit te stel tot die koors gewyk het.

WAT VAN DIE ‘PUISIE’ WAT VORM NÁ DIE BCG-ENTSTOF TEEN TUBERKULOS­E?

Die meeste babas kry ’n puisieagti­ge reaksie op die regter- boarm ’n paar dae nadat die BCG- entstof toegedien is.

Anneke sê dié puisie moet nooit gedruk word nie. Hou dit skoon, maar ook oop sodat dit self dreineer. As jy bekommerd is daaroor, raadpleeg die klinieksus­ter liewer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa