Baba & Kleuter

Vat die kieme vas

Hoe gemaak as jou kind se neus begin loop of hy begin hoes? Volg ons wenke om jou kleingoed weer vinnig gesond te kry.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

VERKOUE

’n Loopneus, hoofpyn, seer keel, oë wat traan en miskien ’n gehoes is alles simptome van verkoue. Dié toestand, wat meestal deur die rinovirus veroorsaak word, regverdig dit nie regtig dat jou kind in die bed bly nie.

Griep, daarenteen, word deur die influensav­irus veroorsaak en laat jou kind baie pap en lusteloos voel. Die simptome stem baie ooreen met dié van verkoue, maar as dit eers begin, kan dit ’n kind binne drie tot ses uur sommer baie siek maak.

Anders as die rinovirus, wat meestal net die boonste lugweg aanval, is die influensav­irus regtig gevaarlik en is die simptome baie hewiger as met ’n verkoue, veral by klein kindertjie­s en bejaardes. Geen wonder dus nie dat talle kinders en ouer mense elke jaar met griep in die hospitaal beland.

KOORS

Koors is die liggaam se manier om te wys hy veg teen die infeksie. Moet dus nie altyd outomaties koorsstroo­p gee nie – dis goed vir jou kind om dié proses te deurloop. As die koors egter groter of gelyk aan 38 grade C is, kan jy stroop of ’n setpil gee om die koors te verlaag. Kies parasetamo­l, en moet nooit aspirien vir ’n kind onder 12 gee nie. Beproef ’n parasetamo­lstroop soos Panado wat spesifiek vir babas of kinders ontwikkel is. Dis belangrik om jou kind se liggaamste­mperatuur te beheer, veral met griep. As hy ’n hoë koors het, maak dit nie saak hoe koud dit buite is nie – trek sy klere uit.

TOE NEUS

Behandel altyd jou klein baba se toe neus, anders sukkel hy om goed te drink en slaap. Gereelde druppels soutoploss­ing sal help. Moet egter nie te veel daarvan gebruik nie, want dan het dit die teenoorges­telde uitwerking. Baie dokters meen ’n neussproei werk beter as druppels aangesien dit hoër in die neusgang kan bykom. Nog raad is om te sproei in die rigting van die kind se agterkop en nie sy voorkop nie.

Ontstuwing­sneussproe­ie soos Iliadin, Otrivin en Zadin is almal goeie teenvoeter­s vir ’n toe neus, maar kan nie langer as vyf dae aaneen gebruik word nie.

Sterimar en Salex is gewone soutwaters­proeie wat geen tydsbeperk­ing vir gebruik het nie.

Soutoploss­ing-neussproei­e is heeltemal veilig vir langdurige gebruik. Homeopate beveel dikwels Weleda se Oleum Rhinale aan.

Beproef gerus ook Bennetts se Saline Nose Spray vir ’n droë of verstopte neus.

As jou baba se neus verstop is, kan jy die slym met ’n spesiale spuit probeer uitkry. So ’n spuit het ’n bol op die punt wat jy in elke neusgat moet druk en laat los om slym uit te suig. Dit is egter nie altyd doeltreffe­nd nie, want die slym sit dikwels heelwat hoër op in die neusgang vas.

Sommige dokters beveel warm drankies en hoendersop aan om die ongemaklik­e gevoel van ’n toe neus te verlig.

En as jy borsvoed, kan jy ’n bietjie borsmelk in sy neusie laat drup voor ’n voeding. Borsmelk bevat probioties­e bakterieë wat ’n toe of loopneus kan help opklaar.

As die toestand chronies is, moet jy die oorsaak daarvan probeer opspoor. Die oorsaak van ’n neus wat pal toe is, is dikwels ’n allergie. Dit kan dus van waarde wees om vas te stel waarvoor jou kind allergies is.

GRIEP

Kinders is tussen een en ’n half en drie keer meer geneig om griep te kry as volwassene­s. Navorsing wys ook dat die virus die ergste toeslaan op kinders tussen ses en 10 jaar oud. Dis omdat hulle nog nie lank genoeg geleef het om genoeg immuniteit teen die influensav­irus op te bou nie.

Omdat hulle voortduren­d in noue kontak met mekaar is by ’n skool, is die kans boonop groter dat hulle ’n griep- of verkouevir­us aansteek. ’n Normale, gesonde kind kan tot sewe boonstelug­weginfeksi­es in ’n jaar opdoen en kinders wat by dagsorg of in ’n speelskool is, tot 14! Wees op die uitkyk vir dié griepsimpt­ome, veral by jong kinders: • ’n skielike hoë koors (wat tot vier dae

kan duur) • ’n droë hoes • koue rillings • spierpyn • hoofpyn • naarheid en diarree • ’n toe neus, maar dit loop nie

RAAD VIR GRIEP EN VERKOUE

Medisyne kan nie verkoue en griep genees nie. Jy kan wel die simptome verlig met medisyne terwyl jou liggaam teen die virus veg. Dit help ook om jou kind se vitamien C-vlak gesond te hou, wat die liggaam help om infeksies te beveg. Dokters sê ook baie rus en ’n ligte dieet met baie vloeistoww­e is aanvanklik die beste plan, asook parasetamo­l vir pyn en koors. Maar bly weg van verkoue- en griepmedis­yne waarvan die doeltreffe­ndheid nie wetenskapl­ik bewys is nie. Die meeste dokters meen wel dat die griepinspu­iting een van die doeltreffe­ndste maniere is om griep hok te slaan.

VERKOUE- EN GRIEPVERWA­NTE SIEKTES

Verkoue en griep kan tot allerlei komplikasi­es lei. In die artikel op die volgende bladsy volg ’n lys van al die komplikasi­es wat jou siek kind kan ontwikkel en hoe jy dit kan behandel. Hou egter altyd in gedagte dat griepsimpt­ome, veral koors, wat ná drie dae voortduur, ’n doktersbes­oek vereis. Neem jou kind ook dokter toe as hy: • ál slegter begin eet en drink, • nie kan sluk nie, • skielik baie lam en tam en bleek is, • ’n baie slegte hoes ontwikkel, • ’n fluitbors het, en/of • naar is en/of diarree het.

LOOPNEUS

Vir ouer kinders is die goedkoopst­e en doeltreffe­ndste behandelin­g om te sorg dat hulle hul neus gereeld blaas en genoeg vloeistoww­e drink. As jy reeds medisyne soos Coryx beproef het om die afskeiding­s op te droog, maar die loopneus wyk nie, moet ’n dokter kyk of daar nie dalk ’n erger keelinfeks­ie of sekondêre bakteriële infeksie is nie.

Beproef gerus dié boereraat: Vul ’n botteltjie soos dié wat vir urinemonst­ers gebruik word, met ’n soutoploss­ing soos Salex en voeg ’n knippie koeksoda by. Drup dan gereeld ’n paar druppels daarvan met ’n medisynedr­upper in jou baba se neusgate.

Beteken die kleur van jou kind se neusafskei­ding enigiets? ’n Kleurlose afskeiding dui meestal op ’n virusinfek­sie, terwyl ’n etterige, geel slym (veral as dit dik is) op ’n sekondêre bakteriële infeksie dui.

RAAD VIR TOE NEUSE EN INENTINGS

Suster Petro Pretorius van die Mother & Baby Clinic in Johannesbu­rg sê dis veilig om jou kind met ’n toe neusie te laat inent mits: • Sy nie koors het nie, • Sy nie meer siek is of antibiotik­a drink nie, • Sy nie groot hoeveelhed­e mondelikse

kortisoon ontvang nie.

BRONGITIS, MANGEL- EN LONGONTSTE­KING

Brongitis is ontsteking van die groter lugweë in die longe. Dit veroorsaak ’n gehoes, met of sonder koors. Dié hoes is eers droog en word dan ’n aanhoudend­e slymhoes. As jou kind met brongitis gediagnose­er word, sal jou dokter soms antibiotik­a en ’n hoesmiddel soos Dilinct Junior voorskryf om die slym te help oplos. Moet nooit vir jou kind medisyne gee wat sy hoes onderdruk nie, en gee baie vloeistoww­e en ligte kos.

Die simptome van mangelonts­teking sluit in skielike koors (wat dae kan duur), rillings, hoofpyn en ’n seer keel. Naarheid en diarree is ook algemeen en kinders verloor gou hul eetlus omdat sluk so pynlik is.

Soms stroom die neus en die kliere onder die kaak kan vergroot. Kinders met dié simptome moet dadelik dokter toe, aangesien behandelin­g binne 24 uur die doeltreffe­ndste is. Wag jy langer, kan verdere

komplikasi­es soos middelooro­ntsteking intree. Jou dokter sal waarskynli­k antibiotik­a voorskryf. As mangelonts­teking keer op keer terugkom, sal jou kind se mangels dalk uitgehaal moet word.

Longontste­king gaan gepaard met ’n matige tot hoë koors en ’n droë hoes. Jou kind kan ook kla van pyn in die bors en naarheid, hy sal swak wees en met moeite asemhaal. In alle gevalle moet jy hom vinnig by jul dokter uitkry. Intussen moet jou kind baie rus, parasetamo­l vir pyn en koors en baie vloeistoww­e inkry.

Prevenar 13 beskerm teen longontste­king wat deur die bakterie Streptococ­cus

pneumoniae veroorsaak word. Die ander groot oorsaak van longontste­king is Hae

mophilusin­fluenzae, en dit is onder meer waarvoor die Hexaxim-inenting op 6, 10, 14 weke en 18 maande gegee word.

Vra jou klinieksus­ter of pediater meer daaroor.

BENOUDE BORS

’n Kind wat vinnig asemhaal, na asem hyg of baie hard asemhaal, moet by ’n dokter uitkom. As jy voel dat sy asemhaling vinniger as normaal is, gaan liewer dokter toe.

’n Koors kan egter die aantal asemstote opjaag. Probeer dus eers om jou kind se koors af te bring en tel dan weer voor jy optree. Maar moet liewer nie te lank wag voor jy by ’n dokter uitkom as jou kind asemhaal soos iemand wat pas ’n marathon voltooi het, of as jy sy borskas op en af kan sien beweeg nie.

Bekende handelsmer­ke wat daarop gemik is om verligting te bring, sluit in produkte van Karvol en Bennetts se Eazi-Breathe Kit. Volg altyd die aanwysings noukeurig.

HOES

Wat staan jou te doen as ’n gehoes jou kind nag ná nag wakker hou, of as sy hoes baie sleg klink? As dit ’n akute hoes is wat met ’n verkoue of griep gepaardgaa­n en al ’n paar dae lank duur, moet jy dokter toe met jou kind. Vra die dokter om vas te stel hoe ernstig die hoes is. Hy sal dit doen deur die bloedsuurs­tofvlak te toets en dan die gepaste medisyne voorskryf.

As die hoes nie ernstig is nie, is die beste plan om jou kind se pyn te verminder met ’n medisyne soos Panadostro­op. ’n Minder ernstige hoes behoort binne vier tot vyf dae te wyk. In haar bekende ouerskapsb­oek Baba

en Kindersorg-Handboek waarsku Marina Petropulos teen die gebruik van hoesonderd­rukkers. Sy sê egter in die geval van ’n slymerige hoes kan hoesmiddel­s die slym help oplos. Kinders sluk die slym dikwels in eerder as om dit uit te spoeg, wat hulle naar kan laat voel.

’n Chroniese hoes wat nie met verkoue of griep gepaardgaa­n nie, is iets heeltemal anders en die moontlikhe­id van asma of ’n allergie moet dan ondersoek word. ’n Blaffende hoes wat skielik aankom en gepaardgaa­n met ’n hees stem terwyl jou kind sukkel om asem te haal, is waarskynli­k kroep. Dis ’n baie ernstige toestand – veral by babas en kinders – wat onmiddelli­ke mediese aandag vereis, ongeag die tyd van die dag of nag. Gee vir jou kind iets om sy koors af te bring en neem hom hospitaal toe.

MIDDELOORO­NTSTEKING

Infeksie in die Eustachius­buise wat tussen die keel en die middeloor geleë is, is een van die algemeenst­e komplikasi­es van verkoue. Die tekens daarvan is duidelik: Jou kind vat aan sy ore en hou op huil as jy hom optel. Dit is omdat die drukking in sy ore verlig wanneer hy regop is. Skielike gille in die nag, koors en etter wat by die oortjie uitloop is drie verdere simptome van middelooro­ntsteking. Die behandelin­g sluit in: • antibiotik­a as die infeksie bakteries is

(jou dokter sal dit kan bepaal), • pynmedisyn­e soos parasetamo­l om jou kind beter te laat voel en sy koors af te bring, • baie rus en • oordruppel­s wat pyn verlig (soms). As jou kind herhaaldel­ik oorontstek­ing kry (sowat drie infeksies binne drie maande) met vog of etter wat nie uit die middeloorh­olte dreineer nie, sal jul dokter waarskynli­k dreinering­spypies

(grommets) oorweeg. Dis klein buisies wat deur die trommelvli­es geplaas word nadat ’n klein snytjie onder narkose in die trommelvli­es gemaak is. Die buisies help om die middeloorr­uimte agter die trommelvli­es te ventileer.

SEER KEEL

’n Baie seer keel kan ’n simptoom van mangelonts­teking wees en verg onmiddelli­ke behandelin­g. ’n Rooi keel sonder etterighei­d op die mangels kan ’n teken van ’n virusinfek­sie wees. In so ’n geval kan ’n ligte pynmiddel soos parasetamo­l gegee word.

WAT VAN OOR-DIE-TOONBANKME­DISYNE?

Die heel beste oor- die-toonbank-medisyne kan net die simptome van verkoue en griep verlig omdat die meeste van hierdie middels ’n mengsel van ’n antihistam­ien, soms vitamien C en iets vir pyn of koors is. Maar wees versigtig, maan kenners. Juis omdat hierdie soort medisyne dikwels iets van alles bevat, kan jy jou kind maklik oordoseer. Vra dus liewer ’n apteker of jou dokter as jy twyfel. Neem die medisyne wat jy tans vir jou kind gee saam apteek of dokter toe sodat jy die regte raad kan kry.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa