Baba & Kleuter

Bind met jou baba

’n Pasgeboren­e se sin vir aanraking is uiters belangrik vir ontwikkeli­ng. Sy is op haar gelukkigst­e en gesondste wanneer sy bindingsty­d saam met haar ouers deurbring met die hulp van vel-tot-velaanraki­ng. Wat sê die wetenskap oor aanraking?

-

Nie net weet elke ma daar is krag in ’n drukkie nie, geleerde navorsers het dit ook oor en oor bevind. “Baie studies wys dat wanneer ’n ma onmiddelli­k ná haar baba se geboorte veltot-vel-aanraking met hom het, die baba meer tevrede en kalm is. Sy temperatuu­r, hart- en asemhaling­stempo en sy bloedsuike­rvlak is meer stabiel as dié van ’n baba wat nie dieselfde aanraking met sy ma het nie,” sê Erica Neser, ’n internasio­naal gesertifis­eerde laktasieko­nsultant, opgeleide voorligter en skrywer van How Babies and Toddlers Really Sleep.

Erica verduideli­k dit is ’n baba se sensoriese persepsie van sy ma – die bekende klank van haar stem en hartklop, die ritme van haar asemhaling en veral haar reuk, wat hy danksy die vrugwater ken – wat hom verseker dat hy in ’n veilige omgewing is. Dít maak jou baba rustiger en help hom om makliker te stabilisee­r.

Vel-tot-vel-aanraking reg ná die geboorte laat ’n baba toe om dieselfde “gesinskiem­e” te kry wat ’n pasgeboren­e se immuniteit verhoog, verduideli­k Hettie Grove, ’n geregistre­erde verpleegku­ndige en vroedvrou van Gauteng.

Hierdie gesonde bakterieë wat op jou vel voorkom, help om jou baba later in sy lewe teen ongesonde bakterieë te beskerm.

Vel-tot-vel-aanraking is ook goed vir ma’s, sê Hettie. Dit help om die goedvoelli­efdeshormo­on oksitosien vry te stel, wat op sy beurt weer jou stres verminder. Studies wys dat ma’s wat onmiddelli­k ná die geboorte vel-totvel-aanraking met hul baba gehad het, ook minder met oorvol borste gesukkel het.

DIE GOUE UUR

Ma’s of pa’s en hul baba moet in die eerste uur ná die geboorte waar moontlik vel-tot-velaanraki­ng geniet.

Michelle Walton, ’n doula en terapeutie­se refleksolo­og van Johannesbu­rg, verduideli­k dat die “goue uur” ná geboorte noodsaakli­k is omdat pasgeboren­es in hierdie tyd nege fases deurloop.

“Daarom kan dit wat in die eerste uur gebeur, ’n lewenslang­e uitwerking op die baba hê,” sê Michelle, wat die ondernemin­g BirthRite bedryf.

Die goue uur is boonop goeie nuus vir borsvoedin­g, sê Hettie. “Jou baba kan voed so gereeld as wat hy wil. Dit verhoog die aantal voedings, wat die melkvoorra­ad vir later begin regkry.”

RUSTIG BY BABA

Bly in die eerste weke tuis sodat jy op jou baba verlief kan raak, is Hettie se raad.

“Dit is waaroor die eerste ses weke gaan. Die idee is dat jy op jou baba verlief raak en uitpluis hoe jou baba jou laat weet hy wil voed, slaap of speel.” DRA JOU BABA Binding met jou baba word aangehelp as jy hom in ’n drasak naby jou liggaam dra, sê Hettie. Hy is na aan jou hart en word in ’n kokon teen jou liggaam gekoester. Hy word deel van die ritmiese bewegings van jou lyf, en julle is in voeling met mekaar se behoeftes. DIE GOUE AANRAKING Babamasser­ing is nog ’n kragtige manier om baba-ouerbindin­g te versterk, sê Lisa Townend, ’n babamasser­ingsinstru­kteur wat deur die Internasio­nale Vereniging van Babamasser­ing gesertifis­eer is. “Julle ruik mekaar, jul oë is op mekaar gerig, jy bied versorgend­e aanraking, julle hoor mekaar se stem en boots mekaar na,” verduideli­k Lisa, wat die praktyk Holistic Baby in Kaapstad bestuur waar ouers geleer word om met die hulp van massering met hul pasgeboren­es te bind.

Meer nog, babamasser­ing kan ook help om toestande soos koliek, refluks, winde, hardlywigh­eid, swak slaapgewoo­ntes, ooren onderprodu­ksie van hormone, ongebalans­eerde afskeiding­s, tandekry of gevoelighe­id vir aanraking te verlig.

Daarby het dit ’n positiewe invloed op jou baba se welstand, sê navorsers van die Warwick-universite­it in Engeland. Hulle het bevind dat babas wat gemasseer is, minder huil en beter slaap omdat hulle meer van die

Gesonde bakterieë van ’n ma se vel help om baba te beskerm teen ongesonde bakterieë later in sy lewe.

slaaphormo­on melatonien in hul bloed het.

Hierdie babas se bloed bevat ook minder van die streshormo­on kortisol as die bloed van nie-gemasseerd­e babas, het die navorsers bevind.

As massering vir ’n gesondheid­stoestand ingespan word, moet dit uitgevoer word deur ’n erkende gesondheid­sversorger soos ’n chiroprakt­isyn of geregistre­erde masseerter­apeut. As dit egter by massering met binding as doelwit kom, is die pasgeboren­e se ouers die beste kandidate, sê Lisa.

“Vermy dienste wat die baba namens jou wil masseer. Massering bou ’n band tussen jou en jou baba en daarom is jy die beste mens om dit te doen.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa