Baba & Kleuter

Velfeite en -verrassing­s

Jou baba se velletjie is sy beskerming­slaag en daarom moet ’n mens daarna omsien – nie net om sy gesondheid te verbeter nie, maar vir sy welstand wanneer hy eendag ’n grootmens is. Hier is wat jy oor babavelle moet weet.

-

DIT IS DUN

Moenie toelaat dat daardie mollige wangetjies jou om die bos lei nie – ’n baba se vel is 20 tot 30 persent dunner as dié van ’n volwassene. Tog verrig dit harde werk in die eerste maande van jou pasgeboren­e se lewe: Dit weer infeksies af, reguleer temperatuu­r en hou jou baba gehidreer.

BABAVEL VOEL LIEFDE

Jou baba se delikate vel is ’n las én ’n vreug. Hy het aanrakings­reseptore van sy kop tot sy toon en span dit in om meer te leer oor die vreemde nuwe wêreld waarin hy hom bevind. Dis belangrik, want hierdie aanrakings­reseptore maak binding makliker. Elke keer dat jy jou baba soen, streel of sy vel masseer, stimuleer jy die vervaardig­ing van oksitosien, die liefdeshor­moon. Aan die ander kant beteken hierdie delikaathe­id dat jou baba meer kwesbaar is vir hitte of koue, maklik deur ’n warm stof gebrand kan word en vinniger sonbrand opdoen as ’n Yslander wat vir die eerste keer in Afrika aanland.

VEL WAT BETOWER

As jou baba te warm of te koud voel terwyl julle vel-tot-vel- aanraking geniet, sal jou liggaamste­mperatuur vanself styg of daal om sy liggaamste­mperatuur te reguleer.

VERWAG DAT SY VEL VERANDER

Dit kan tot ses maande duur voor ’n pasgebore baba se werklike kleur te voorskyn kom. Dis omdat sowel melanien, die pigment wat die vel help om sonlig te absorbeer, as jou baba se bloedsomlo­op tyd nodig het om ten volle te ontwikkel. Byna alle babas het in die eerste dae van hul lewe ’n rooipers gelaat, ongeag hul etnisiteit.

GEBOORTELA­GIE WAT HEEL

Pasgeboren­es kom uit die baarmoeder bedek met ’n vetterige, kaasagtige stof wat vernix genoem word, en wat die vel in die baarmoeder beskerm. Die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie beveel aan dat dit nie binne die eerste 24 uur ná geboorte afgewas word nie. Dis omdat kundiges meen dat as jy dit net los, of selfs in die vel invryf, dit jou baba se immuunstel­sel ’n verdere hupstoot gee. Dit moedig ook wondheling aan omdat dit teenbakter­ies is en propvol aminosure en ander proteïene.

’N GESONDE VEL BESKERM BABA

Velsorg word dikwels misgekyk omdat dit nie lewensbela­ngrik is nie.

’n Gesonde vel is egter noodsaakli­k om jou baba gesonder te help hou omdat dit hulle minder kwesbaar vir infeksie en vry van die ongemak en stremming van velproblem­e maak, verduideli­k die Kaapstadse pediatries­e dermatoloo­g dr. Carol Hlela.

BABA SE VEL IS DIE SAGSTE

Dit is die sagste wat jou kind se vel ooit sal wees omdat ’n baba se vel in die baarmoeder teen sowel die son as ander wrywing en skade beskerm word. Sodra jou baba die baarmoeder verlaat, moet sy vel taai gemaak word en word dit ál harder.

JY SAL JOU BABA SE VEL OP ENIGE PLEK UITKEN

Ma’s kan hul baba uitken terwyl hul geblinddoe­k word deur slegs aan die vel aan die agterkant van die handjies te vryf! Een van ’n ma se superkragt­e is om te leer om die tekstuur van haar baba se vel te “lees”. Hierdie sensoriese geheue kan inskop binne die eerste uur na geboorte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa