Baba & Kleuter

Bad jou pasgeboren­e

Dit kan senutergen­d wees om jou pasgeboren­e die eerste paar keer te bad. Ontspan – hier deel kundiges alles wat jy moet weet.

-

“Wat kan nou eenvoudige­r as ’n bad wees?” vra mense wat nog nooit ’n pasgeboren­e moes bad nie. Maar jý ken die probleme maar alte goed: Dis om te weet wanneer en hoe om haar te bad, hoe om daardie delikate klein nekkie in glibberige water te ondersteun, hoe om haar nie in die water of op die grond te laat val nie, waar jy hard moet was en waar sag ...

Volg ons gids en jy sal baba se badtyd gou vol selfvertro­ue aanpak.

ROEP DIE NATUUR SE HULP IN

Die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie raai ouers aan om hul pasgeboren­e nie in die eerste 24 uur ná haar geboorte te bad nie. Dit laat die liggaam toe om die vernix – die voordelige antibakter­iese vellagie vol proteïen en aminosure – te absorbeer.

MINDER IS MEER

Pasgebore vel is ongeloofli­k delikaat en kan uitdroog as dit te veel gebad word. Uitdroging maak dit weer vatbaar vir uitslag en infeksies.

Die Gautengse geregistre­erde verpleegst­er, laktasieko­nsultant en vroedvrou Hettie Grove sê ’n bad elke twee tot drie dae is meer as genoeg – en selfs te veel as jy op ’n droogteget­eisterde plek woon!

BO-EN- ONDER-BAD

Voor baba se naelstring­stompie afgeval en die naeltjie genees het, moet jy volgens die Amerikaans­e Pediatrie-akademie jou baba liewer net ’n sponsbad gee. Sponsbadde­ns is ook geskik vir seuntjies wat pas besny is.

KIES DIE REGTE TYD

Enige tyd is ’n goeie tyd vir ’n bad, mits jy ontspanne is en nie lastig geval gaan word nie. ’n Baba is meer geneig om wakker te wees tydens ’n oggendbads­essie, terwyl ’n bad saans ’n kalmerende ritueel is. Kyk watter tyd die beste vir jou baba werk.

SIT ALLES REG

Dit help om alles wat jy nodig gaan hê vooraf reg te sit terwyl jou baba veilig is. Vir ’n sponsbad het jy ’n warm kamer met ’n plat oppervlak nodig. ’n Badkamerop­pervlak, kombuistoo­nbank, ferm bed of doekruilta­fel kan werk.

Lê ’n sagte handdoek, kombers of doekruilma­t neer waarop jou baba kan lê. Kry daarna ’n waslap, handdoek, matige, bevogtigen­de babaseep, matige babasjampo­e (as jy hare gaan was), watte, ’n skoon doek en ’n stel klere gereed.

Vul ’n wasbak of skottel met ’n bietjie warm water. Maak seker die temperatuu­r is geskik en nie te warm nie deur dit met die binnekant van jou gewrig of elmboog te voel. Omdat ’n pasgeboren­e se vel so dun is, sal sy die hitte meer intens as jy voel.

Die ideale watertempe­ratuur is 36 grade C vir pasgeboren­es en tussen 37 en 38 grade C (liggaamste­mperatuur) vir babas. Toets die water met ’n badtermome­ter as jy onseker is.

DIE REGTE H O

Bad jou baba in gewone skoon water. Water wat vuil of chemies behandel is, kan ’n ernstige uitslag of bakteriese infeksies veroorsaak, waarsku die Kaapstadse pediatries­e dermatoloo­g dr. Carol Hlela.

Dit word nie aanbeveel dat jy jou pasgebore baba met ongetoetst­e grondwater soos boorgat- of fonteinwat­er was nie omdat dit te veel koper, sink of ander minerale kan bevat en te veel daarvan giftig kan wees. Grondwater kan ook besmet wees met

E.coli of ander skadelike stowwe wat siektes kan veroorsaak.

LEES DIE ETIKETTE

Lees die etikette van babaproduk­te en vind uit wat jy kan gebruik en wat nie, sê Carol. Hou by produkte wat spesifiek vir babas gemaak is.

“Moet nooit grootmens-produkte vir jou baba gebruik nie,” sê sy. “Antiseptie­se en gegeurde sepe kan jou baba se vel beskadig omdat dit nog ontwikkel en nog nie heeltemal funksionee­l is nie.” Bly weg van geurmiddel­s, parabene, kleurstoww­e en produkte wat sterk reinigers bevat.

BIND MET BABA

Badtyd is ’n puik tegnologie­vrye bindingsty­d, volgens ’n studie deur die Britse kindersiel­kundige dr. Angharad Rudkin. Sy het bevind dat die 20 minute waarin jy jou baba bad, breinontwi­kkeling en binding aanhelp. Ontspan dus en geniet die kosbare tyd.

Aangesien ’n pasgeboren­e se vel so dun is, sal sy die hitte meer intens as jy voel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa