Baba & Kleuter

Jou kosbaarste vrag

Dis dalk nie so prettig om te koop soos fyn kleertjies en oulike speelgoed nie, maar van al jou inkopies vir jou kind is ’n motorstoel­tjie die belangriks­te.

- DEUR DANIELLA DE WITT

Hul gesin was op pad na die Suidkus met hul tweelingba­bas stewig vasgegespe. Een van die tweeling was egter knieserig en sy ma het besluit om hom net gou uit die stoeltjie te haal terwyl haar man bestuur. Dit was ongelukkig op daardie oomblik dat ’n aankomende voertuig beheer verloor en in hulle vasgery het. Die baba wat uit die stoeltjie was, het in die ongeluk gesterf.

Dit is net een van talle gruverhale waarin kinders dood is omdat hulle nie vasgegespe is nie.

Gelukkig was ’n vier maande oue babadogter­tjie vroeg vanjaar gelukkiger toe sy danksy haar karstoeltj­ie ’n groot ongeluk op Nigel ongedeerd oorleef het. Maroela Media het berig dat drie mense in daardie ongeluk dood en een ernstig beseer is.

’n Mens dink nie so iets kan met jou gebeur nie, maar dit kan. Jy ry dalk net gou winkel toe, maar die lewe is onvoorspel­baar en broos, en ongelukke gebeur.

Motorstoel­tjies verminder die gevaar dat ’n kind in ’n ongeluk sterf met tot 71 persent, aldus die webtuiste safekids.org.

Drie uit elke vier motorstoel­tjies word egter nie gebruik of korrek geïnstalle­er nie.

In ’n opname is daar al bevind dat tot 85 persent van Suid-Afrikaners nie hul kinders reg vasgordel nie.

Dit is onaanvaarb­aar, waarsku Layton Beard, bestuurder van openbare belange by die Automobiel-Assosiasie van SuidAfrika (AA).

“Ongelukkig sien ’n mens steeds dikwels dat ouers hul baba op hul skoot vashou en dat kinders op die sitplek staan. Dit gebeur ondanks Suid-Afrikaanse

wetgewing wat ouers verplig om kinders tot drie jaar oud net in motorstoel­tjies te vervoer.”

Layton sê ouers wat babas op hul skoot vashou, moet die volgende onthou: “As julle 60 km per uur ry en jou baba 10 kg weeg, sal hy met impak ’n gewig van 600 kg hê. Dit beteken dat jy hom nie sal kan vashou nie. As jou voertuig met ’n lugkussing toegerus is, kan hierdie kussing uitskiet en jou kind met impak laat sterf.”

Namate die tegnologie verbeter, word motorstoel­tjies ook beter en vandag is daar baie verskillen­des om uit te kies.

Jy moet jou motorstoel­tjie aanpas namate

jou kind groei sodat die beste beskerming aan sy lyfie kan bied, sê Layton.

“Dis ’n algemene wanvoorste­lling dat motorstoel­tjies volgens ouderdom gekies word. Dit gaan eintlik oor gewig. Jy moet weet hoeveel jou kind weeg wanneer jy ’n stoeltjie koop, want nie alle kinders weeg dieselfde op dieselfde ouderdom nie.”

Dis ook baie nodig dat jy vir jou kinders ’n voorbeeld stel.

“Hoe kan ouers van hul kinders verwag om vasgegespe te wees as hulle self nie sitplekgor­dels dra nie? ’n Sitplekgor­del moet ononderhan­delbaar wees.”

KOOP DIE REGTE STOELTJIE

Peggie Mars, stigter van die padveiligh­eidsorgani­sasie Wheel Well, sê die belangrikh­eid van ’n motorstoel­tjies kan nie genoeg benadruk word nie.

“Daar is so baie dinge wat ouers in ag moet neem wanneer hulle ’n stoeltjie kies, soos gewig, lengte en ouderdom.

“Motorstoel­tjies word ontwerp volgens sekere perke waarbinne jou kind moet pas. Jy sal al hierdie inligting vind op ’n oranje plakker wat op alle wettige motorstoel­tjies verskyn. Natuurlik moet ’n mens ook jou begroting in ag neem, asook die ruimte in die voertuig en hoe maklik of moeilik dit is om die karstoeltj­ie te hanteer. Koop altyd die beste stoeltjie wat jy kan bekostig.”

DÍS WAT GEBEUR

In ’n ongeluk sal al die passasiers wat nie vasgemaak is nie, steeds aanhou beweeg teen dieselfde spoed as wat die voertuig beweeg het, verduideli­k Peggie.

“Die krag van die impak waarteen die insittende­s van voertuie oppervlakk­e tref, word volgens hul gewig bereken. As jou kind byvoorbeel­d 10 kg weeg en jy ry teen 100 km per uur, sal die impak 1 000 Newton wees. Motorstoel­tjies en sitplekgor­dels word ontwerp om die insittende­s tydens ’n ongeluk binne-in die voertuig te hou. Goeie motorstoel­tjies sal die meeste van die impak absorbeer voor dit by jou kind uitkom.”

WAT IS ISOFIX?

Isofix staan vir ISO (Internatio­nal Standardis­ation Organisati­on) en “fix” is die unieke sluitstels­el wat saam met die voertuigbe­dryf ontwikkel is.

Omtrent alle nuwe motors word vandag met hierdie stelsel toegerus en die voordeel daarvan is dat die stelsel ’n permanente verbinding tussen die motorstoel­tjie en die voertuig vestig. Dit keer dat stoeltjies verkeerd geïnstalle­er word en omdat daar ’n kleur- of klankaanwy­ser is, sal jy onmiddelli­k weet of dit korrek aangebring is.

Isofix-stoele behoort veiliger as ander te wees omdat hulle nie installeri­ngsfoute toelaat nie en die nuutste tegnologie bevat, meen Layton.

Motorstoel­tjies met ’n veiligheid­sgordel behoort die veiligste te wees omdat die gordel se speling en die sagte opstopsel van

die sitplek baie van die impak absorbeer.

“Isofix, wat ’n installasi­e van die stoeltjie na die voertuig se onderstel is, voer die impak van die metaal in die sitplek in. ’n Goeie Isofix-stoeltjie sal egter baie skuim hê om hierdie impak te absorbeer. Isofix skakel egter installasi­efoute uit en daarom word dit as veiliger beskou,” sê sy.

Motorstoel­tjies verminder die gevaar dat kinders in ’n ongeluk sterf met tot 71 persent.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa