Baba & Kleuter

Suiwel vir sussie

Waarom jou kind elke dag ’n glas melk of bakkie jogurt nodig het ... en hoe om dit in haar lyf te kry.

- DEUR ZELDA ACKERMAN, GEREGISTRE­ERDE DIEETKUNDI­GE

Jy kan koeimelk in klein hoeveelhed­e begin insluit wanneer jou baba begin eet, en van haar eerste verjaardag af kan sy dit ook drink. Jou borsmelk bly egter die beste vir jou baba en as jou kind slegs koeimelk drink voor sy ’n jaar oud is, kan sy ’n ystertekor­t opdoen.

Leer jou peuter van ’n jaar af om koeimelk te drink, selfs al borsvoed jy nog. So kan jy seker wees dat sy later van hierdie voedsame drankie sal hou.

BRON VAN BAIE

Melk en melkproduk­te is van die voedingryk­ste kosse wat jy jou kleinding kan gee. Dit bevat proteïene, koolhidrat­e, vet, vitamiene en minerale en daarom kan dit ’n vinnige maaltyd in ’n glas wees.

Die gehalte van die proteïene in melk kan vergelyk word met dié van vleis, en twee glase melk verskaf die helfte van die proteïen wat jou peuter elke dag nodig het om te groei. Suiwel is ook die beste bron van kalsium, fosfate en magnesium en twee glase melk voorsien in onderskeid­elik 90, 100 en 75 persent van jou peuter se behoeftes aan hierdie voedingsto­wwe.

Die verhouding van kalsium, fosfate en proteïene in melk maak dit ideaal vir die bou van sterk bene en tande. Kinders wat genoeg melk drink se tandjies is sterker as dié wat dit vermy en hulle kry dus nie so maklik gaatjies nie. Melk bevat ook baie vitamiene en twee glase sorg vir 200 persent van die vitamien B , 160 persent van 12 die vitamien B , 125 persent van die biotien 2 en 40 persent van die vitamien A wat jou peuter nodig het. Sorg dus dat jou peuter dié wonderlike bron inkry.

Volroommel­k bevat wel ook heelwat versadigde vet en cholestero­l, terwyl laevetmelk minder bevat en vetvrye melk feitlik niks. Een ander fantasties­e feit is dat alle suiwel ’n lae glukemiese indeks het, wat beteken dat dit volgehoue energie vir jou woelwatert­jie gee en nie ’n lae bloedsuike­r met die gepaardgaa­nde vloerstuip­e sal veroorsaak nie.

KAN ONS SUIWEL VERMY?

Daar is geen ander kos wat soveel kalsium bevat en so goed opgeneem word as melk nie. ’n Kind wat dus nie melk en melkproduk­te inneem nie, kry selde genoeg kalsium in.

Jou peuter het elke dag 700 mg kalsium nodig, en sonder suiwel sal sy elke dag meer as twee koppies broccoli en 100 g geblikte sardyne met grate moet eet; selfs die beste ma sal sukkel om dit in ’n peuterlyfi­e te kry. Die vinnige aanvulling­sopsie help ook nie, want kalsium in aanvulling­s word nie so goed opgeneem soos dié in melk nie, en jou kind sal ook die ander voedingsto­wwe in melk misloop. Te min kalsium kan haar duur te staan kom aangesien dit been digtheid verlaag en die gevaar vergroot dat haar arm of been die een of ander tyd in gips gaan beland. Om dit te voorkom moet jy seker maak sy kry haar melk in en speel genoeg buite.

HOEVEEL EN WATTER SOORT?

Van ’n jaar oud af behoort elke kind 500 ml melk of jogurt per dag in te neem; nie meer nie en ook nie minder nie. Te veel melk kan lei tot hardlywigh­eid, ystertekor­t en oorgewig. Maak egter seker sy kry haar 500 ml elke dag in deur eerder melk en jogurt as koeldrank en koekies as peuselhapp­ies voor te sit. Kinders onder twee behoort volroommel­kprodukte soos volroommel­k en -jogurt te kies omdat hul brein meer vet as grootmense s’n nodig het.

Van twee jaar oud af kan jou kleinding laevet- of vetvrye melk en jogurt geniet. Dis ’n goeie gewoonte waarby sy die res van haar lewe sal baat vind.

Leer jou kind ook van kleins af om natuurlike jogurt te eet. Dis ’n smaak wat aangeleer moet word en as jy van die begin af net dit vir jou peuter gee, sal sy gek daaroor wees. Eet dit sommer ook self – so sal julle die onnodige ekstra suiker uitskakel wat tot gesondheid­sprobleme kan bydra. Pleks van versoete jogurt kan jy soms vars vrugtestuk­kies of vrugtepure­e by ongegeurde jogurt roer.

Wanneer dit kom by kaas is dit goed om een te kies wat min vet bevat. Beproef mozzarella­kaas of laevetmaas­kaas en eet hoëvetkase soos gouda, cheddar, feta en

roomkaas minder gereeld. Al het kleingoed meer vet nodig, moet ons van kleins af vir hulle gesonde plantvette eerder as diervette gee en die regte gewoontes vestig. Bly liefs ook weg van kondensmel­k en koffieverr­omers en vervang room in resepte met natuurlike jogurt.

VERSTEEK MELK SO

As jou peuter nie koeimelk wil drink nie, kan jy suiwelprod­ukte eenvoudig inwerk by die kos wat jy kook. Maak hawermoutp­ap met melk pleks van water, voeg melk by bredies, souse en soppe of maak ’n gladdejant­jie met vars vrugte, groente en melk of jogurt. Jy kan ook gegeurde melk beproef of ysies maak van vars vrugte en jogurt of gegeurde melk. Roer sommer reg deur die dag poeiermelk by haar kos en gee laevetkaas om aan te knibbel. Maak net seker jy tel hoeveel jy gee dat jy nie altesaam te min of te veel suiwel inwerk nie.

MY KIND IS ALLERGIES!

As jou kind as baba ’n koeimelkal­lergie gehad het, is daar geen ander opsie as om suiwel te vermy nie. Bokmelk en rysmelk sal nie vir kleingoed werk nie, maar sojamelk kan in sommige gevalle gebruik word. Dit is egter baie waarskynli­k dat jou kind die allergie sal ontgroei.

Sowat die helfte van kinders met ’n koeimelkal­lergie ontgroei dit teen een jaar, nog 25 persent teen twee en teen drie het 90 persent dit ontgroei. Laat haar dus gereeld toets en begin melk gee sodra jy kan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa