Baba & Kleuter

Luister beter

As jy leer om reg te luister, kan jy en jou kind probleme vinniger oplos, skryf die sielkunde-kenner dr. Pieter van Jaarsveld in dié uittreksel uit sy nuwe boek.

- BABA & KLEUTER

Aktiewe luister help jou kind wanneer hy ongelukkig is of ongemaklik­e emosies moet verwerk. Aktiewe luister help hom om sy emosies te ontlont wanneer hy ontsteld is. Maar voordat ons by aktiewe luister uitkom, moet ons eers na nieverbale kommunikas­ie en passiewe luister kyk. NIEVERBALE KOMMUNIKAS­IE Nieverbale kommunikas­ie verwys na die dinge wat ons sê sonder om woorde te gebruik. Dit sluit in ons stemtoon, gesigsuitd­rukking, handbewegi­ngs, oogkontak en lyftaal.

Hóé jy iets sê, is baie belangrike­r as wát jy sê – nie net in die kommunikas­ie tussen ouers en kinders nie, maar in álle verhouding­s.

Hier is ’n voorbeeld: Jy is in die kombuis besig om wortels te rasper. Jou dogter kom ingehardlo­op en sê: “Mamma, luister gou hier.” Jy antwoord: “Ek luister na jou, my liefie,” maar jy gaan aan om die wortels te rasper met jou rug na jou kind gekeer. In hierdie situasie word die verbale kommunikas­ie (“Ek luister …”) heeltemal deur die nieverbale boodskap (jy hou aan rasper met jou rug na jou kind toe gedraai) oorskadu.

Jou dogter kry ’n negatiewe boodskap en is glad nie oortuig dat jy na haar luister nie. Dit is waarom dit so belangrik is om noukeurig op jou nieverbale kommunikas­ie te let wanneer jy met jou kinders praat. Maak seker jou kind ontvang ’n positiewe boodskap.

Onthou, deur regtig na jou kind te luister, programmee­r jy in sy brein dat hy belangrik is. Luister daarom meer as wat jy praat.

Daar is vyf dinge wat ’n mens behoort te doen as jy doeltreffe­nd wil luister:

1 Jy kyk jou kind vas in die oë terwyl julle gesigte na mekaar gedraai is. Ont

As jy regtig na jou kind luister, programmee­r jy sy brein om te glo dat hy belangrik is.

hou, moenie oor jou skouer met iemand praat nie. Dit is ’n swak posisie vir positiewe kommunikas­ie.

2 Dit is belangrik dat jy nie jou arms vou nie. Dit plaas ’n versperrin­g tussen julle.

3 Dit werk in jou guns as jy effens vorentoe leun of jou kop vorentoe buig, want dit gee aan jou kind die gevoel dat hulle al jou aandag het en dat jy na net hulle luister en met hulle praat. Dit laat hulle ook voel jy is regtig betrokke by die gesprek.

4 Oogkontak is absoluut noodsaakli­k vir doeltreffe­nde kommunikas­ie.

5 As jy gespanne is, dra jy hierdie spanning binne twee tot 16 minute aan die ander persoon oor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa