Baba & Kleuter

Speel-speel deur graad O

Dis baie belangrik dat jou kind in graad O skoolgeree­d word, maar hoe help jy hom om daar uit te kom?

- DEUR ZERELDA ESTERHUIZE­N

“My vyfjarige is vanjaar in graad O. Hy wil nie leer nie en alles is ’n grap. Hy kan nie 10 minute lank stilsit nie en stel nie belang in enigiets wat naastenby soos werk lyk nie. Hoe kry ek hom deur hierdie jaar en gereed vir graad 1?”

Susanne Marais (38, skuilnaam) van Durbanvill­e in Kaapstad het met dié versugting na Baba & Kleuter gekom, en ons het by kundiges gaan aanklop om vir haar hulp en raad te kry.

Vra enige graad O-mamma en sy sal vir jou vertel dat dit nie te maklik is om haar kind te laat sit en werk nie, sê die kundiges.

Die goeie nuus is dat die kleingoed in die loop van die jaar ál meer volwasse raak en geleidelik die vermoë ontwikkel om beter te fokus. Die ander goeie nuus is dat hulle ook baie leer juis deur te speel.

Die meeste kinders is veral aan die begin van hul graad O-jaar nog in die ontwikkeli­ngsfase is waar hulle wil speel eerder as leer, sê dr. Arina Lanser, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Little Falls in Gauteng.

“Hoe verder die jaar vorder, hoe meer begin jou kind onderskei tussen wanneer daar geleer moet word en wanneer hy maar kan speel.”

Aan die ander kant is speel ook ’n leerervari­ng, en is daar baie speletjies wat kinders se ontwikkeli­ng aanhelp, sê Helena Koekemoer, hoof van Proties, die kleutersko­ol van die Laerskool Protearif in Krugersdor­p, Gauteng.

“Lego help die fyn spiere ontwikkel, ons leer in die sandput van wiskundige volumeafme­ting en houtblokke gee kinders die kans om te skat. Met spel ontwikkel hulle ook probleemop­lossingsva­ardighede.”

Die geheim is om wanneer die kleingoed eers konsentree­r, hul konsentras­ie te behou. Werk moet ook afgewissel word omdat hulle nie vir te lank aaneen kan konsentree­r nie, maan Helena. (Lees meer in die kassie onder daaroor.)

“Vyfjariges gee net vyf minute lank regtig aandag, daarom moet jy elke minuut benut.”

WAT JOU KIND IN GRAAD O MOET LEER

Graad O is die jaar waarin jou kind gereed gemaak word om graad 1 toe te gaan en daar te floreer.

Daarvoor moet hy liggaamlik gesond wees en sy balans, postuur, fyn en groot motoriese ontwikkeli­ng moet op peil kom.

Sekere toestande kan keer dat hy heeltemal gereed is, sê Arina. Dit sluit in sinusontst­eking, allergieë, tassensiti­witeit, rustelose bene, hiperaktiw­iteit en onderligge­nde neurologie­se probleme.

“’n Kind wat skoolgeree­d is, moet oor ’n woordeskat beskik wat groot genoeg is dat hy sy gevoelens kan uitdruk. Hy moet kan antisipeer, redeneer en verbande kan insien. Getalbegri­p moet gevestig wees en sy geheue moet goed wees,” sê Arina.

Op sosiale vlak moet ’n graadeentj­ie sy posisie in die klas kan vestig, maats kan maak, kan deel en boelies kan hanteer. Hy moet weet hoe om probleme aan te meld, kritiek te hanteer en bereid wees om sy juffrou met ander te deel.

Kinders wat emosioneel gereed vir graad 1 is sal gemaklik van hul ouers skei en trots op hul werk en skoolklere wees.

“Hulle sal vra as hulle nie weet of verstaan nie en probleme op gepaste maniere aanmeld sonder om ’n klikbekkie te wees.

“Hulle sal opgewonde daaroor wees om skool toe te gaan en graag maatjies huis toe wil bring. Kinders wat goed beplan, word nie maklik deur moeilike take geïntimide­er nie en sal dit steeds aanpak, al sukkel hulle daarmee,” sê Arina.

WANNEER MOET JY HULP SOEK?

Soek hulp as jou graad O’tjie ...

• take vermy en die werk nie reg kan doen nie,

• nie skool toe wil gaan nie,

• sukkel om sy naam te skryf en nie sy adres, verjaardag of ander basiese inligting kan onthou nie,

• baie eenvoudige opdragte nie kan uitvoer nie, • met albei hande skryf,

• met balspeletj­ies sukkel,

• sukkel om aandag te gee,

• probleme met herkenning van kleure en ander besonderhe­de het,

• sukkel om gebeure te herroep en in woorde uit te druk,

• in skooltyd nog wil slaap,

• stories opmaak en fantasie en die werklikhei­d verwar, of

• mylpale “verloor” wat hy al behaal het.

HOE KAN JY HELP?

Anina deel die volgende raad:

• Skerp basiese maniere by jou kind in soos om te groet en dankie en asseblief te sê.

• Vra uit oor die skool se sillabus en metode van assesserin­g (ook in graad 1).

• Moenie jou kind se huiswerk vir hom doen nie.

• Onthou, daar is vir elke kind ’n skool. As ’n skool nie vir jou kind werk nie, ondersoek ’n ander een – al verg dit moeite.

• Waak daarteen om jou kind met sport- of ander buitemuurs­e bedrywighe­de te oorlaai.

• Wees bewus van die skool se dissipline­beleid, etiese kodes en boeliebele­id.

• Weet waaraan jy jou kind kan blootstel en waaraan nie. Leer jou kind wat aanvaarbar­e gedrag is en wat aangemeld moet word, veral op seksuele gebied.

• Dis baie belangrik dat jou kind moet kan luister en feite moet kan weergee. Sy vermoë om dit te doen, hang in ’n mate van jul dissipline- en ouerskapst­yl tuis af. ’n Kind wat tuis aan inkonsekwe­nte dissipline gewoond is en nie opdragte uitvoer voor hy ’n paar keer gevra word nie, gaan dieselfde van sy onderwyser verwag.

• Begin so vroeg moontlik om ’n huiswerkro­etine te vestig en ’n hoekie spesiaal daarvoor in te rig

• Luister na jou kind. As ouers half luister, gaan hul kind dieselfde doen.

• Is jou kind ongelukkig of word hy geboelie? Let op na tekens van depressie en angstighei­d.

• Stel vas wat jy kan doen as jou kind nie aanpas nie. Miskien is arbeids- of ander terapie nodig.

• Gesels met jou kind se onderwyser oor klasreëls en kommunikee­r probleme vroegtydig.

• Wees versigtig vir onrealisti­ese verwagting­e wat jou kind gespanne en angstig kan maak. Moenie meer van hom verwag as wat hy kan lewer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa