Baba & Kleuter

OLIMPIESE SPELE

-

Geagte mnr. Die voorsitter van die Olimpiese Spele,

As getroue toeskouer van jul instelling, hetsy somer, winter of paralimpie­s, het ek dit goedgedink om te vra dat u die volgende nommers tot die Spele toevoeg. U kan self besluit in watter seisoen dit pas, hoewel ek dit eerder as “alle seisoene” sou verklaar: Om-’n- driejarige-se-hare-te-kan-kam- en-vasmaak. Skoene-vind-minute-voor-die-skoolklok-lui-al-het-jydit-nooit-self-aangehad-of-dit-aan-jou-behoort-nie. Om-“kom- eet-nou”-sewe-keer-in-twee minute-teherhaal-sonder- om-jou-humeur-te-verloor. Salami- oop-te-sny- en-vrae-rondom- die-ruimtete-antwoord-terwyl-jy- op- die-toilet- sit. Die- geringste- geluidjie-te- kan- hoor- onder- diestort-terwyl-inkopielys­te- beplan-word. ’n- Ui-te- kan- skil-met- een- hand- en-’n- baba-indie-ander- en-’n-kleuter- om- die been. In-bewegende-voertuig-te-kan-dissipline­erdelegeer-binne-di e-voertuig-sowel-as-buite . Om-met-drie-kinders-’n-hele-nagmaaldie­ns-tekan-deurmaak-omdat-jy-nie-die-nota-gelees-hetwat-sê-daar-is-nie-kinderkerk-nie. Om-10-koppies-koue-koffie-per-dag-te-drinken-maar-net-te-sluk-as-een-van-die-koppies-joukind-se-selfgemaak­te-brousel-is. Mnr. Die Voorsitter, hierdie is maar net ’n paar van die vele ander moontlike nommers wat nog toegevoeg kan word. U sal besef dat die inskrywing­s vir die bogenoemde sal instroom, aangesien daar baie atlete is wat hierdie kunste al goed kan bemeester.

Groete, van Toekomstig­e Gouemedalj­e-wenner,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa