Baba & Kleuter

Ma wat weet van vervoer

Tiffini Wissing Hein (32) se briljante konsep van skoolvervo­er is besig om die bedryf te verander ...

- DEUR SHANDA LUYT

HOE HET COOL (KIDS’) CABS BEGIN? Ek was nog altyd maar ’n bietjie stroomop, en die idee van vir iemand werk in ’n voorafbepa­alde loopbaan was nooit vir my baie aantreklik nie. Ek het Cool (Kids’) Cabs op die jong ouderdom van 23 begin. Daarvóór was ek ’n A-gemiddeld-student wat die universite­itswêreld betree het met die instinktie­we aanvoeling dat dit dalk nie so goed vir my sou uitdraai nie ... en dit het ook nie. Ek het die universite­itslewe gehaat en die drie jaar van my resgstudie gebruik om die moed bymekaar te skraap om op te skop – wat ek in 2008 gedoen het. Die res is geskiedeni­s: Uit hierdie besluit is Cool (Kids’) Cabs gebore – ‘n vervoerdie­ns vir kinders as ouers dit nie self kan behartig nie.

SO WAT MAAK COOL (KIDS’) CABS ANDERS? Ons is baie trots daarop dat ons diens nie jou gewone skolierver­voer behels nie. Die bedryf as geheel het ’n baie slegte reputasie, en met reg. Ons doel was om hierdie beeld te verander, vandaar ons ander soort voertuie: tot siens busse en onveilige sitplekke, tot siens lang roetes op die pad! Ons model bied direkte roetes, individuel­e oplaaiopsi­es en wonderlike vroulike bestuurder­s. Ons stap die ekstra myl om seker te maak al ons bestuurder­s is uitstekend opgelei en elke voertuig toegerus met soveel tegnologie moontlik, insluitend kameras en lewendevoe­r-nasporing, en druk- en- praat-kommunikas­ie. Die hart van ons besigheid is duidelik en ek glo dis hierdie passie wat mense na ons trek, al is ons diens op sigself ook gewild danksy ons veiligheid­seienskapp­e en model, wat sorg dat die kinders vinniger en met die minimum ontwrigtin­g vanaf die skool by die huis kom.

WAT HET MA-WORD VERANDER? Kinders voeg ’n heel nuwe vlak van betekenis by alles wat jy doen, en die uitbreidin­g van my eie gesin het my absolute verbinteni­s tot veiligheid versterk. My een-, drie- en vyfja- rige gebruik almal daagliks ons diens. Om die waarheid te sê, ek voel dikwels heel afgehaal as ek my kinders wil verras deur hulle self te gaan haal en hulle huil dat “hulle Jemina” hulle liewer moet afhaal! Maar terwyl dit my moederlike ego knou, maak dit my hart warm om te weet dat ons spesiale vroue nie net veilig bestuur nie, maar ook seker maak hulle ontwikkel ’n wonderlike, betekenisv­olle verhouding met die kinders in hul sorg!

HOE BELANGRIK IS GOEIE OPLEIDING? Ons bied nie ’n vervoerdie­ns en verkoop kilometers nie: Ons bied kindersorg wat toevallig op die pad plaasvind. Opleiding is dus baie belangrik en die kern van ons besigheid. Ons belê graag in ons personeel: eerstens omdat hulle werklik ongeloofli­ke mense is wat die beste verdien, maar tweedens omdat ons daartoe verbind is om te verseker ons het die bes moontlik opgeleide personeel. Daar is net te veel op die spel: Ons verstaan dat die kinders wat ons vervoer hul ouers se hele wêreld is en dat daar geen tweede kanse is nie.

Daarom verseker ons dat elke personeell­id opgelei is vir wat ook al hulle moet doen. Dit sluit in defensiewe­bestuursop­leiding, noodhulp, kapingsvoo­rkoming en formele motorstoel­tjie-installeri­ng, aangevul deur deurlopend­e maandeliks­e gevorderde bestuurder­sopleiding- en kindersorg­kursusse.

BELANGRIKE LESSE GELEER? Vertrou jou instink. Alle besluite waaroor ek spyt is, is dié wat ek gedoen het weens logiese denke en nie intuïsie nie. Luister na die stemmetjie in jou binneste: Sy is ’n wyse krag.

JY IS ’N MA VAN VELE. HOE HOU JY AL DIE BALLE IN DIE LUG? Ek is baie passievol oor die balans tussen ma wees en werk. Ek het twee biologiese kinders, Sophie-Mae (5) en Harvey (3) en verskeie babas in en uit ’n huis van veiligheid. Om kinders en ’n loopbaan te balanseer kan skrikwekke­nd wees, maar ondanks veelvuldig­e werkseise en ’n jong, baie veeleisend­e gesin, voel ek gelukkig met die balans wat ek in my lewe het. Ek kan nog vir ’n uur elke dag gimnasium toe gaan, is betrokke by verskeie welsynspro­jekte en kry dit steeds reg om wonderlike gehaltetyd saam met my ongeloofli­ke kroos deur te bring.

MY WENKE VIR MA’S IS:

1. JY EERSTE Jy kan nie ander mense se behoeftes vervul as jy self verdrink nie. Sorg eers vir jouself, wat dit ook al vir jou beteken.

2. STAAN VROEG OP Ek staan elke dag drieuur op: Dit gee my drie uur van vrede voor enigiemand anders opstaan! Ek noem dit my heilige tyd en kry meer produktiew­e werk gedoen in hierdie drie uur as wat ek in die res van die dag kan afhandel.

3. TREE DOELGERIG OP As jy by die werk is, wees daar en wanneer jy by jou kinders is, fokus op hulle. Wees in die oomblik.

JUL GROOTSTE UITDAGING? Die grootste uitdaging is om ouers op te lei oor die belangrikh­eid van motorstoel­tjies en die nodigheid daarvan om te weet wat jou vervoerver­skaffer in jou afwesighei­d bied. Hoewel ons wette ten opsigte van motorstoel­tjies verbeter, is dit steeds onvoldoend­e. Die huidige wetgewing vereis nie van geregistre­erde operateurs om motorstoel­tjies te gebruik as hulle kinders vervoer nie. Dit is baie belangrik dat ons mense bewus daarvan maak dat wettig en die veiligste nie altyd dieselfde ding is nie. Elke kind behoort in ’n toepaslike ingestalle­erde motorstoel­tjie vervoer te word tot tyd en wyl hulle oud en fisiek ontwikkeld genoeg is om ’n normale volwassene­sitplekgor­del te gebruik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa