Baba & Kleuter

KLEIN & FYN, MAAR STERK

Cara Wagenaar van Pretoria is van staal gemaak. Nie net het sy haar vroeggebor­enheid lag-lag oorkom nie, ’n nare kankergewa­s het ook pas voor haar geswig.

- DEUR YOLANDI JORDAAN

Cara Wagenaar van Pretoria is op 28 weke gebore en was van jongs af ’n fyn dingetjie. Die klein, blonde meisietjie het egter toe reeds, en selfs ná haar eerste verjaardag, ’n boepie gehad.

“Ek en my man, Henno, het dikwels daaroor gespot en gedink dit is te oulik,” vertel ma Carli (33).

Toe sy egter een dag die 14 maande oue Cara se doek ruil, het sy ’n harde knop omtrent so groot soos ’n tennisbal onder haar baba se regterkant­se ribbes gevoel.

“Ek is ’n geregistre­erde verpleegst­er en het geweet dis nie goeie nuus nie, maar nie vir een oomblik het ek gedink dit kon kanker wees nie. Ek het nietemin onmiddelli­k ’n afspraak by die pediater gemaak.”

Carli vertel dat sy die skrik op die pediater se gesig kon sien toe hy Cara ondersoek. Die pediater het dieselfde aand nog vir hulle ’n afspraak by ’n pediatries­e chirurg by die Kloof-hospitaal in Pretoria gereël. Die chirurg het die gewas vinnig raakgevoel en twee dae later ’n biopsie in die teater gedoen.

“’n Onkoloog (kankerspes­ialis) het ons byna onmiddelli­k besoek,” onthou Carli.

Presies een week nadat Cara gediagnose­er is met die kanker neuroblast­oom, het sy by die Unitas-hospitaal met chemobehan­deling begin.

Carli verduideli­k dat neuroblast­ome gewoonlik uitgesny word. Dit kom meestal op die byniere voor, wat ook indien nodig verwyder kan word.

In Cara se geval was dit egter nie moontlik nie weens die grootte en posisie van die gewas.

“Die gewas was reg rondom die aorta. Dis die belangriks­te bloedvat in jou liggaam en kan dus nie verwyder word nie.”

Cara se chemoterap­ie het altesaam 10 maande geduur. In hierdie tyd het sy elke drie weke ’n week lank behandelin­g ontvang. Henno en Carli het vir haar gelees en hulle het saam ingekleur en speletjies gespeel – alles om Cara vir lang rukke te laat stil sit terwyl die middel by haar lyfie inloop.

“Dit was ’n uitdagende tyd, maar Cara het die chemoterap­ie eintlik verbasend goed hanteer. Ons kan op een hand die hoeveelhei­d kere tel dat sy naar geword het en sy moes slegs twee keer bloed kry. Sy het wel mondsere opgedoen vanweë haar verswakte immuniteit en ná elke sessie was haar lyf omtrent ’n week lank seer.”

Ná ses maande van behandelin­g het die neuroblast­oom glad nie gekrimp nie. Die onkoloog het toe nog drie maande van chemoterap­ie bygevoeg.

Cara het al so gemaklik in die hospitaal geraak dat sy die plek vol gestap het terwyl sy die staander saamstoot waaraan die chemodrup gehang het.

“Dit was moeilik. Ek en Henno het die nuus en stres elkeen op ons eie manier probeer hanteer. Jy sukkel om te slaap en die slegte nuus oorweldig jou. Jy besef sy kan sterf,” vertel Carli.

Cara se chirurg het saam met ’n ander chirurg besluit om te opereer om die gewas effens weg te sny waar dit moontlik was.

“Hulle het ons ook daarop voorberei dat Cara se linkernier moontlik baie skade kon hê en dat dit moontlik tydens die operasie verwyder sou moes word.”

Ná ’n gewag van vyf uur het die chirurge met onverwagte nuus uit die teater gekom: Hulle kon die gewas heeltemal verwyder!

Cara se linkernier het wel skade gehad, maar die chirurge het besluit om dit eers daar te laat.

“Ons het dié goeie nuus glad nie verwag nie. In die hele tyd dat Cara siek en in die hospitaal was, het talle kinders gesterf. ’n Mens word heeldag met die dood gekonfront­eer. Dit was dus wonderlik om te hoor dat Cara se gewas uitgesny kon word,” vertel Carli.

Sewe dae ná die operasie het Cara egter ’n toeval gekry.

“Sy het haar koppie agter teen haar rug vasgetrek, haar ogies styf toe geknyp en haar linkerarm het langs haar lyf gehang. Ons het groot geskrik.”

’n Bekende pediatries­e neuroloog van Pretoria is ingeroep om Cara te help. Hy het Pres-sindroom (omkeerbare ensefalopa­tiesindroo­m) gediagnose­er. Die toeval was die gevolg van hoë bloeddruk wat op sy beurt weer veroorsaak is deur hormone wat deur die chemoterap­ie afgeskei is.

“Cara het sterk bloeddrukm­edikasie gekry en met fisioterap­ie het haar linkerarmp­ie volkome herstel,” sê Carli.

Drie weke nadat die gewas verwyder is, is sy huis toe. Twee maande ná die operasie het sy weer ’n week lank chemo-behandelin­g gekry. ’n Maand later weer. Binnekort word sy geskandeer om seker te maak daar is geen spoor van die kanker oor nie.

“Die poort onder haar vel waardeur die

chemomidde­ls ingevoer is, bly daar tot die dokter besluit dis veilig om dit uit te haal,” vertel Carli.

Gedurende Cara se siekte het hulle honderde bemoedigen­de boodskappe ontvang. Hulle het gelukkig ook ’n uitstekend­e steunstels­el gehad.

“Ons huiswerker, Johanna, en Cara se twee oumas was wonderlik. Gelukkig is Henno uiters positief en dít het my meestal van waansin gered,” spot Carli.

Sy is tans 23 weke swanger en met Cara wat aan die herstel is, sien sy uit na ’n rustige

en goeie jaar.

“Ons moet die volgende drie jaar een keer elke ses maande toetse laat doen om seker te maak Cara is gesond. Ons glo egter sy sal wees; sy is mos van haar vroeë geboorte af al ’n sterk dogtertjie.”

 ??  ?? Klein Cara Wagenaar (2½) by pa Henno (34) en ma Carli (33).
Klein Cara Wagenaar (2½) by pa Henno (34) en ma Carli (33).
 ??  ?? Cara het alte lekker in die hospitaal rondgekuie­r terwyl sy haar chemostaan­der saamgeslee­p het.
Cara het alte lekker in die hospitaal rondgekuie­r terwyl sy haar chemostaan­der saamgeslee­p het.
 ??  ?? Pret in die hospitaal. Cara en pa Henno speel terwyl sy haar dosis chemo kry.
Pret in die hospitaal. Cara en pa Henno speel terwyl sy haar dosis chemo kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa