Baba & Kleuter

BLY IN BEHEER

-

Vertrou jou liggaam om te kraam en die geboorte van jou kind te hanteer. Jou liggaam is daarvoor ontwerp.

As jy gespanne en angstig is, het jy klaar ’n agterstand. Die beste plan is om jou te bemagtig deur inligting bymekaar te maak. Lees soveel jy kan oor natuurlike geboorte. Vra jou mediese versorger oor enigiets waaroor jy onseker is.

Hoe meer jy weet, hoe kalmer sal jy wees. Hoewel jy in ’n situasie gaan wees waar jy nie alles kan beheer nie, kan jy tog sekere dinge bepaal.

Leer die hospitaal en kraamsaal ken. Maak ’n afspraak om die kraamsaal vooraf te besoek. Kraameenhe­de verwelkom besoeke gewoonlik mits dit betyds gereël word. Laat die eenheidsbe­stuurder prosedures aan jou verduideli­k en die angel haal uit enigiets wat intimidere­nd lyk.

Sorg dat jy jou laat geld wat jou behoeftes betref, maar laat ruimte vir veranderin­g. Enigiets kan gebeur. Jy het ’n sê in baie sake wat dinge vir jou makliker kan maak, soos die beligting en keuse van ’n geboortema­at. Jy verkies dalk ’n natuurlike geboorte, maar moenie gespanne en paniekerig raak as jy dalk ’n keisersnee moet kry nie. Spanning sal net tot jou fisieke ongemak bydra.

steuning bied wanneer jy dit nodig het? In die maande wat die geboorte voorafgaan, kan jy asemhaling­stegnieke saam met jou geboortema­at oefen om vertroue te bou.

Vertrou jou liggaam se vermoë om te kraam en die geboorte van jou kind te hanteer. Jou liggaam is daarvoor ontwerp en jy sal verstom wees oor jou krag in die kraamprose­s.

Fokus op jou baba wanneer kontraksie­s intens word. Om ’n lys van visualiser­ings en positiewe bevestigin­gs gereed te hê, sal ook help om jou aandag van die pyn af te lei en jou op die oomblik laat fokus.

Onthou, jou lyf ervaar nie pyn omdat dit siek of beskadig is nie, en die pyn is daar met ’n doel. Daar het ’n hele nuwe mensie in jou gegroei na wie se koms jy al maande lank uitsien. Geboortepy­ne is gesonde, produktiew­e, tydelike pyne en dit eindig met die plesier van jou nuwe baba wat in jou arms geplaas word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa