Baba & Kleuter

Kraam met fokus

-

• Maak seker jy bly goed gehidreer en vermy ’n leë maag terwyl jy kraam. Drink klein slukkies water in die loop van die bevalling en peusel aan hoëenergie­kos.

• Aanraking terwyl jy kraam is ’n uitstekend­e metode van natuurlike pynverligt­ing. Dit sluit dinge in soos ’n strelende massering, koue en warm kompresse en kontradruk.

• Eksperimen­teer met verskeie posisies en inkorporee­r dans en joga of wieg heen en weer om jou baba te help om in die geboorteka­naal af te sak.

• Praat- sing of maak kreungelui­de om energie vry te stel. In sommige kulture word vroue in kraam ontmoedig om geluide te maak, maar onthou dat wanneer jy gil jy buitentoe druk, wat die proses aanhelp.

• Oorweeg water as ’n pynverligt­er. Vroue gebruik dit reeds duisende jare lank om kraampyne te verlig. As jy in ’n bad warm water ontspan, het swaartekra­g geen uitwerking nie, is daar minder sensoriese stimulasie en is jy minder geneig om streshormo­ne af te skei. Dit moedig jou lyf aan om endorfiene af te skei, wat pyn help onderdruk.

• Musiek kan ’n doeltreffe­nde wapen teen kraampyn wees en baie studies het dit reeds bevestig. Musiekritm­es kan jou óf kalmeer, óf jou energievla­kke opstoot wanneer jy dit nodig het. Navorsing wys ma’s wat na musiek luister terwyl hulle kraam, is kalmer en meer in voeling met hul kontraksie­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa