Baba & Kleuter

NAAR, NAAR

- BABA & KLEUTER

Ek ly aan hewige oggendnaar­heid. Ek het eers pilletjies oor die toonbank gekoop, maar dit het niks gehelp nie. Ek het toe medisyne by my ginekoloog gekry, maar dit maak my so moeg dat ek nie my oë kan oophou nie. Het jy raad?

DR. JP DU BUISSON ANTWOORD:

Baie geluk met die swangerska­p! Ja jong, die naarheid van swangerska­p is maar erg. Dit is die natuur se manier om jou te beskerm sodat jy nie iets eet wat skadelik kan wees terwyl die fetus gevorm word nie.

Onthou dat die mikpunt van behandelin­g is om braking te voorkom en hopelik ook om die naarheid beter te maak.

Kleiner maaltye meer gereeld kan van waarde wees. Ek vind hawermoutp­ap help met naarheid in swangerska­p. Beproef dus miskien ’n klein porsie vir ontbyt en dan weer vir oggendteet­yd.

Probeer maar die gemakskoss­e vind wat vir jou werk. Miskien kan manlief in die kombuis oorneem, want die reuke van sekere kosse kan ’n mens naar laat voel.

Gemmer is ’n natuurlike kos wat naarheid sal teenwerk, dus kan gemmerbier, gemmerkoek­ies en selfs gemmertee moontlik help.

Die naarheid word darem tussen 12 en 16 weke gewoonlik beter.

Moenie bekommerd wees oor die fetus nie, hy of sy is natuurlik ’n goeie “parasiet” en ontrek alles wat hy nodig het, al kan jy nie alles inneem nie.

Een ander ding wat ook kan help is om jou multivitam­ien- en visoliekap­sules vir eers weg te pak en net foliensuur te drink. In die eerste 12 weke het jy eintlik net foliensuur nodig.

Medikasieg­ewys kan jy Asic® beproef. Ek neem aan dit is wat jy gebruik het, want dit is oor die toonbank beskikbaar. Al die antinaarhe­idsmiddels is maar familie van antihistam­iene en kan as newe- effek vaakheid veroorsaak. Dis natuurlik ook veilig in swangerska­p.

Daar is ook middels soos Ondasetron® of Zofran®, wat vir naarheid weens chemoterap­ie gebruik word. Dis ook veilig terwyl jy swanger is. Dit kos meer, maar is ’n goeie tweede keuse en behoort jou nie vaak te laat voel nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa