Baba & Kleuter

OUERS SE GIDS

VIR BABAMASSER­ING

-

Lisa Townend, ’n babamasser­ingspesial­is van Holistic Baby in Kaapstad, deel dié tuismasser­ingswenke vir jou pasgebore baba.

• Laat jou baba besluit hoe lank en wanneer sy gemasseer wil word. Let fyn op na die boodskappe wat sy vir jou stuur. Massering verloop op sy beste wanneer jou baba kalm en wakker is. Sy sal vir jou vertel dat die tyd reg is deur kalm te lyk, na jou te kyk, tevrede daarmee te wees om stil te lê, ’n oop liggaamspo­stuur te hê en na jou uit te reik.

• Kies ’n koudgepars­te groenteoli­e soos druiwesaad­olie. Dit is geurloos en bevat geen skadelike chemikalie­ë nie. Wat meer is, as jou baba haar vingers lek kan die liggaam dit as ’n voedselbro­n herken. Minerale olie moet liefs vermy word omdat die vel dit nie absorbeer nie en die vel dus nie die vitamiene en minerale van die olie inkry nie.

• Masseer jou baba op die vloer om te keer dat sy van ’n hoë bed of doekruilta­fel aftuimel.

• Kies ’n warm kamer waar daar geen trek is nie, maak die ligte dowwer en doen jou bes om van alle afleidings ontslae te raak.

• Pas ’n selfversek­erde en sagkense, maar ferm drukking toe. Ouers is dikwels te weifelend en raak baba uiteindeli­k te lig aan. Dit kan jou baba oorstimule­er en onseker of vitterig laat voel.

• Jy kan net ná die geboorte al met aanraking begin. Spring weg met vel-totvel-koestering en plaas jou baba op jou bors. Stel haar geleidelik aan rug- en beenstreli­ng bekend en sluit ander dele van haar lyfie ook in. Wag tot sy kalm en wakker is. Jy kan in die eerste paar weke ná haar geboorte met die massering begin en geleidelik ’n roetine ontwikkel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa