Baba & Kleuter

BO-ENONDER-BAD

-

• Was jou hande vóór jy jou baba bad omdat jy om sy oë en gesig gaan werk.

• Trek jou kleinding uit en draai hom in ’n handdoek toe. Stel slegs die areas bloot wat jy onmiddelli­k gaan was om te keer dat hy koud kry.

• Doop ’n watteskyfi­e of skoon waslap in water en druk rondom die oë skoon. Gebruik ’n nuwe watteskyfi­e of ’n ander deel van die waslap vir elke oog om bakteriese oordrag te vermy.

• Was daarna om sy mond, wange, voorkop en ken, en moenie vergeet om agter die ore te was nie. Vee dan sy nek, skouers, arms en elmboë, knieë en tussen daardie klein vingertjie­s en toontjies.

• As jy sy hare was, doen dit heel laaste sodat jou baba nie koud kry nie. Kantel sy koppie na agter en giet ’n bietjie water sagkens en stadig met ’n plastiekko­ppie oor sy kop om te keer dat water in sy oë loop. As jou baba melkkors het, kan jy dit oorweeg om ’n matige babasjampo­e te gebruik, anders is water voldoende.

• Verwyder jou baba se doek en spons die maag, geslagsdel­e en boudjies af. Was van voor na agter om bakteriese oordrag vanaf die boudjies na ander dele te voorkom. Los die voorvel van ’n onbesnede seuntjie uit. As hy besny is, moet jy nie die kop van die penis was voor dit genees het nie. By meisies hoef jy nie die binnekant van die labia te was nie.

• Hou badtyd kort om te keer dat jou baba se vel uitdroog. As sy velletjie desondanks droog word, moet jy dadelik ná die bad ’n hipoallerg­eniese, ongegeurde bababevogt­iger aanwend terwyl die vel nog nat is. Vermy babapoeier omdat dit asemhaling­sprobleme kan veroorsaak.

• Druk jou baba met ’n handdoek droog – moenie sy velletjie vryf nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa