Baba & Kleuter

BLY SO VEILIG

-

• Wanneer jy ’n motorstoel­tjie koop, sal jy ’n registrasi­ekaart ook kry. Voltooi dit en stuur dit aan die vervaardig­er sodat hulle jou kan laat weet as daar veiligheid­sprobleme of ’n moontlike herroeping is.

• ’n Stoeltjie wat agtertoe wys, word as veiliger beskou en kinders moet tot twee jaar oud liewer in so ’n stoeltjie reis. Selfs al is jou kind vasgemaak, sal hy steeds met impak vorentoe geslinger word en in stoeltjies wat na agter wys, is die gevaar van ernstige beserings aan sy nek, ruggraat en interne organe kleiner as in stoeltjies wat vorentoe wys.

• Die korrekte installasi­e van ’n motorstoel­tjie is baie belangrik. Volg die aanwysings noukeurig. Daar verskyn gewoonlik rooi of blou pyltjies op stoeltjies om die “pad” van die sitplekgor­del aan te dui. Vra hulp as jy sukkel. Sodra die stoeltjie geïnstalle­er is, moet jy dit heen en weer wikkel om seker te maak dit sit stewig. As dit baie min beweeg, is dit reg, maar as dit los voorkom, sal jy die proses weer van stap een af moet begin.

• Moet nooit ’n motorstoel­tjie op die voorsitple­k plaas as jou voertuig lugsakke het nie, tensy die lugsak afgeskakel is.

• Koop net NRCS- goedgekeur­de stoeltjies. Maak seker dat die ECE (Europese standaarde) se kenteken op die stoeltjie verskyn.

• Moet nooit twee kinders met een sitplekgor­del vasmaak nie; dit is gevaarlik en kan tot ernstige beserings lei.

• Moenie groot en swaar artikels op die agtersitpl­ek of rakkie los nie, want dit kan in ’n ongeluk vorentoe geslinger word en die passasiers beseer. Pak dit liewer in die kattebak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa