Baba & Kleuter

STRUIKELBL­OKKE & OPLOSSINGS

-

1 DIS SEER AS SY VASSUIG

Dit is normaal dat jou tepels aanvanklik seer is wanneer jou baba vassuig, maar die pyn is nie veronderst­el om langer as ’n minuut te duur nie. Beproef die volgende om te sorg dat jou baba behoorlik vassuig: • Sorg dat jy gemaklik sit of lê en bring jou baba na jou lyf toe – moenie afbuk na jou baba op jou skoot om te borsvoed nie. • Jou baba suig goed vas as haar ken en neus teen jou bors druk, die onderlip uitgekrul en die tepel en areola in haar mond is. • Jou baba drink goed as haar wangetjies effens ingetrek is, daar beweging om haar slape is en jy kan hoor hoe sy sluk.

2 GEBARSTE OF SEER TEPELS

Teer tepels is normaal, maar seer tepels nie. Gebarste of seer tepels ontstaan gewoonlik omdat baba verkeerd vassuig. Borsvoedin­g behoort nooit seer te wees nie. Jou baba moet op die regte manier aan die bors begin suig om ’n goeie suigreflek­s aan die gang te kry. Voorkom seer tepels so: • Sorg dat jou baba na jou bors kyk, dus met sy lyf teenaan joune is en hy nie op sy ruggie met sy gesig na die bors gedraai lê nie. • Moenie wegbeur as dit teer is nie. Dit laat die tepel uit sy mond glip sodat hy net aan die puntjie suig, wat die probleem vererger. Jou hele areola moet in jou baba se mond wees. Byt net vas, want ná ’n paar minute behoort die pyn minder te word. • Gebruik ’n goeie tepelroom, maar wend dit spaarsamig aan. As jy te veel gebruik maak jy die tepel sagter en meer geneig om te bars. • Gee die tepels ook tussen voedings lug en laat borsmelk op die tepel droog word.

3 STUWING

Soms word jou borste so vol, geswel en hard dat baba dit nie regkry om vas te suig nie. Stuwing kom voor as daar feitlik geen vloei uit die borste is nie, geen melk lek nie en die vel blink en gespan is.

Daar is ook dikwels knoppe onder die vel, die oksels is besonder pynlik, die bors is seer met aanraking en jy kan warm, sweterig en bewerig voel. Hier is raad vir vol borste: • Pak ná ’n voeding koolblare wat in die yskas gebêre is op die bors en hou dit daar tot die volgende voeding. • Staan in ’n warm stort terwyl jy jou borste masseer om vloei te stimuleer en die areola sag te maak sodat baba goed kan vassuig. • As daar steeds nie genoeg melkvloei is nie, klop by ’n fisioterap­eut aan wat jou borste met ultraklank kan behandel. Hierdie behandelin­g is heeltemal pynloos en baie doeltreffe­nd.

4 MASTITIS

Dit begin gewoonlik as ’n pynlike plek op een deel van die bors. Dit kan rooi en warm wees wanneer jy dit aanraak en sal baie seer wees. Skielike griepsimpt­ome loop gewoonlik die teerheid van die bors vooruit. Dit sluit in koors, koue rillings en ’n seer lyf, naarheid en braking.

Mastitis kan baie ernstig word as dit nie vinnig behandel word nie omdat dit ’n abses in die bors kan veroorsaak. Die enigste manier om mastitis te behandel, is met antibiotik­a.

Dis veilig om jou baba uit die aangetaste bors te voed en dit sal ook help om jou mastitis te behandel. Jou kleinding kan wel weier om die melk uit die aangetaste bors te drink omdat die infeksie dit anders laat smaak. As baba heeltemal weier om die bors te neem, moet jy met ’n borspomp uitmelk.

5 BORSTE WAT LEK

Sommige vroue het ’n sterker sakrefleks as ander en daarom sal hul borste makliker lek of selfs spuit. Wanneer borste lek is dit meestal die dunner voormelk wat uitkom en hou dit geen gevaar of probleem in nie behalwe dat dit morsig is. Hou altyd borsdoekie­s byderhand as jou borste geneig is om te lek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa