Baba & Kleuter

DRA ’N SONBRIL!

-

VBehoort ’n kind of baba ’n sonbril te dra? En hoe kies ek een vir my kind?

A DR. MARETHA COMBRINK ANTWOORD:

In die warm, sonnige Suid-Afrika is dit belangrik om jou oë sowel as jou vel teen die langtermyn­newe- effekte van ultraviole­tstrale te beskerm. Byna 99 persent van UV-strale word deur die oë geabsorbee­r. Chroniese blootstell­ing kan lei tot skade aan die kornea, katarakte en makulêre degenerasi­e, wat blindheid tot gevolg kan hê. Okulêre melanoom is ’n soort velkanker wat ook in die oog kan ontwikkel.

Kinders het ’n verhoogde risiko vir sonskade omdat hulle meer tyd buite deurbring. In vergelykin­g met volwassene­s het hul oë helder lense en groter pupille – meer lig dring dus die oogweefsel binne en dit kan tot komplikasi­es lei. Al kan UV-skade behandel word, is dit onomkeerba­ar.

Dit kan in ’n mini-oorlog ontaard as jy jou kleinding ’n sonbril wil laat dra. Babas wat al vroeg daaraan gewoond geraak het, aanvaar dit meer geredelik as dié wat glad nie daaraan gewoond is nie. Dit word meestal afgepluk en beland op die vloer of in die mond.

Wanneer jy ’n sonbril vir jou baba of kleuter kies, is dit belangrik om op die uitkyk te wees vir een wat minstens 99 persent van die UVstrale blokkeer. Die raam en lense moet ook breekbesta­nd wees. Vir kleiner kinders en babas is ’n reeks met ’n elastiese kopband meer prakties, omdat hulle dit dan nie so maklik kan aftrek nie. Kleuters en groter kinders kan aan die soektog deelneem en ’n ontwerp kies met hul gunsteling-strokieska­rakter of wat lyk soos een wat ’n TV-karakter dra.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa