Baba & Kleuter

ROETINE VIR DIE KLEINSPAN

-

VEk het drie kinders van een, drie en vyf jaar oud. Ek lees altyd roetine is belangrik en dat dit veral ouderdomst­oepaslik moet wees. Hoekom is dit belangrik?

A LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Roetine beteken nie dat jy jou of jou kind van pret en plesier ontneem nie. Roetines is aktiwiteit­e wat op omtrent dieselfde tyd en op omtrent die dieselfde manier geskied. Daar is baie voordele aan roetine, struktuur en gewoontes. Dit versterk die ouer-kind- band en verminder die gevaar van ’n magstryd, dit laat kinders veilig voel omdat hulle weet wat om te verwag, dit lei tot positiewe en verantwoor­delike gedrag en dit ontwikkel sosiale vaardighed­e.

’n Gewoonte moet ingeoefen word om vasgelê te word. Daarom moet ouers maaltye en spesiale gesinstye deel van hul daaglikse en weeklikse roetine maak.

’n Vasgesteld­e roetine wat so konsekwent as moontlik nagestreef word, is baie belangrik. Die voorspelba­arheid is as’t ware die brug tussen die verskillen­de aktiwiteit­e en verminder so uitdagende gedrag.

Soms kan ouerskap en al die eise wat daarmee gepaardgaa­n ons heeltemal oorweldig laat voel. Dit is veral dan dat ek aanbeveel dat ouers na hul eie gewoontes en roetines kyk. Maak seker jy skeduleer tyd vir jou ook – al is dit ’n weeklikse koffieklet­s saam met ’n vriendin, ’n dansklas een keer per week of ’n aandjie uit saam met jou maat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa