Baba & Kleuter

IS MY KOLOSTRUM GENOEG?

-

VIs kolostrum regtig genoeg in daardie eerste drie dae ná die geboorte?

A LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD:

Wanneer ’n baba gebore word, is sy magie nog baie klein. Die maagkapasi­teit is maar 10 tot 20 ml; omtrent so groot soos ’n okkerneut! ’n Baba het dus in daardie eerste paar dae net klein hoeveelhed­e melk nodig. Borsmelk is daarom perfek vir pasgebore babas.

Die melk wat jou borste in die eerste twee tot drie dae ná die geboorte produseer, word kolostrum genoem. Dis ’n gelerige, taai vloeistof wat in klein hoeveelhed­e gemaak word. Dit bevat hoofsaakli­k witbloedse­lle met teenliggaa­mpies. Die teenliggaa­mpies versterk jou baba se weerstand en beskerm hom teen infeksies. Die kolostrum bevat ook groter hoeveelhed­e proteïene, minerale en vetoplosba­re vitamiene (veral vitamiene A, E, en K) as die sogenaamde volwasse melk, wat later geprodusee­r word.

Kolostrum word beskou as jou baba se eerste immunisasi­e of inenting omdat dit so baie teenliggaa­mpies en vitamiene bevat dat dit jou baba se immuniteit ’n hupstoot kan gee.

Vitamien A gee aan kolostrum die gelerige kleur. Dis belangrik vir ooggesondh­eid en beskerm ook die slymvliese van jou baba se sinusse, keel, longe en dermkanaal. Dié beskerming is uiters belangrik omdat jou baba se eie beskerming­smeganisme­s nog nie goed ontwikkel het nie.

Pasgebore babas moet dus net kolostrum kry en nie enige ander vloeistoww­e of vaste kos nie, aangesien dit die fyn slymvliesl­agies van veral die keel en dermkanaal sal beskadig. Wanneer die slymvliese beskadig word, verhoog dit die voorkoms van infeksies en verwante siektes. Kolostrum het ook lakserende eienskappe en help met die uitskeidin­g van baba se eerste vuil doek. Dit help ook om lae bloedsuike­r net ná die geboorte te voorkom.

Melk word tussen twee en vier dae ná die geboorte in groter hoeveelhed­e geprodusee­r, en jou borste sal vol voel. Dis wanneer jou melk “inkom”. Op dag drie drink jou baba 300 tot 400 ml per 24 uur, en op dag vyf 500 tot 800 ml. Van dag sewe tot 14 word die melk “oorgangsme­lk” genoem en ná twee weke word dit “volwasse” melk genoem. In al hierdie stadiums is borsmelk die perfekte voeding vir jou baba.

 ??  ?? Oolala Collection se SkinHydrat­e Intense Hydrating Mask is ideaal vir ‘n swanger ma se droë wintervel. R261 vir 50 ml, oolalacoll­ection.com.
Oolala Collection se SkinHydrat­e Intense Hydrating Mask is ideaal vir ‘n swanger ma se droë wintervel. R261 vir 50 ml, oolalacoll­ection.com.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa