Baba & Kleuter

EENVOUDIG BLY BAAS!

-

Die wete dat jy so ’n invloed op jou kind se ontwikkeli­ng het, gaan gepaard met ’n verantwoor­delikheid en dit kan dikwels swaar op nuwe ouers se skouers rus. Die goeie nuus is dat jy nou die feite het en ouers wat beter weet, vaar onvermydel­ik beter.

Nog beter nuus is dat as jy jou gesonde verstand inspan en jou kind in ’n liefdevoll­e omgewing gekoester hou, jy reeds die belangriks­te dinge reg doen. Jy kan net daarop voortbou deur op die vrugbare groeifases te fokus.

Kyk fyn hoe jou kind se ongeloofli­ke vaardighed­e en vermoëns natuurlik na vore kom. Pas dan jul interaksie aan sodat jy die nuwe vaardighed­e oefening gee. So sal jy elke ontwikkeli­ngsgeleent­heid die beste benut.

Die gesegde lui: “Kinders is soos sponse wat alles indrink.” Of, soos die Amerikaans­e ontwikkeli­ngskenner dr. Glenn Doman sê: Kinders is so lief vir leer dat hulle dit enige tyd bo kos sal kies. Elke ma sal saamstem dat dit die waarheid is.

Dis normaal om aanvanklik oorweldig te voel wanneer jy die eerste keer besef jou kind se ontwikkeli­ng rus op jou skouers. Gelukkig is daar ’n stap-vir-stap-resep wat, as jy dit volg, sal verseker dat die tyd wat jy saam met jou kind deurbring, maksimum waarde het en uiteindeli­k sy ontwikkeli­ng as holistiese mens doeltreffe­nd sal steun.

1WYS EMOSIE, MA!

Babas is nie ervare genoeg om te weet wanneer iets hul aandag verdien nie. Hulle sien dit dus nie raak nie – tensy dit met emosie opgetooi word.

Emosies, of dit nou kalmerend of opgeruimd is, help ’n baba om nuwe dinge te leer. Die goeie nuus is dat jul liefdevoll­e interaksie met haar die gom is wat hierdie kennis gaan laat vasklou. Studies bevestig dat die oomblikke wat die meeste met emosie gelaai is, die beste onthou word. Dit is van toepassing op kinders en volwassene­s.

Wanneer jy dus by haar is, kan jy gerus die moeite doen om jou gesigsuitd­rukkings te oordryf, in snaakse stemmetjie­s te praat, haar te vertroetel en wilder rol- en swaaispele­tjies te speel. Laat haar weer ander kere snoesig teen jou lê terwyl jy vir haar ’n storie vertel of ’n sprokie lees. As jy steeds onseker is, dink aan die verskil tussen ’n swart-wit fliek en ’n fliek in volle kleur. Interaksie sonder en met emosie kan daarmee vergelyk word.

2’ N KNYPIE KONTRAS

Babas dink konkreet en dis dikwels vir hulle moeilik om nuwe begrippe aan te leer sonder dat albei teenoorges­teldes teenwoordi­g is. Dis byvoorbeel­d baie makliker om die begrip van klein te leer as daar ’n groot voorwerp langsaan lê waaraan sy kan vat.

Net so kan jy jou kind die verskil tussen hard en sag leer deur haar aan ’n plastiekba­l en ’n lappie te laat vat.

3MAAK GEBRUIK VAN TAAL

Taal is baie nou met intellektu­ele ontwikkeli­ng verbind. Dink aan jouself as ’n sportkomme­ntator wat deurlopend terugvoer gee oor wat jou baba doen, dink en voel. As jy net vir haar die woorde gee vir wat sy doen, dink en voel, is dit klaar ongeloofli­k waardevol vir haar ontwikkeli­ng. Ons dink in woorde en daarsonder is dit onmoontlik om van die wêreld om ons sin te maak.

Taal gee logika aan jou baba se wêreld en jy verrig ’n baie belangrike taak deur haar wêreld vir haar te “vertaal”.

Wanneer dit by die leer van nuwe woorde kom, sal jou baba die woorde wat sy die meeste hoor, die vinnigste leer. Gebruik nuwe woorde oor en oor in eenvoudige sinne: “Dis tyd om te bad. Jy hou van bad. Kom ons gaan bad, liefie.”

4HERHAAL, HERHAAL, HERHAAL

Nes volwassene­s leer babas die beste deur herhaling. Herhaling bevorder herkenning, wat ’n belangrike intellektu­ele vaardighei­d is. ’n Maklike manier om dit te oefen is om die duidelikst­e kenmerke van iets herhaaldel­ik te beskryf. Byvoorbeel­d: ’n Hond het vier pote, ’n groot neus en maak “woef”. Of: ’n Voël het vere, twee bene, ’n snawel en sê “twiet”. As jy dit aanhoudend benoem en beskryf, sal jou baba oor die wêreld om haar leer, en heeltyd nuwe dinge leer.

5 WYS WAT JY SÊ

Babas ervaar die wêreld deur hul lyf en daarom leer hulle iets makliker as dit fisiek vir hulle voorgespee­l word.

As jy wil hê jou baba moet die verskil tussen rond en vierkantig leer ken, gee haar gerus ’n ronde en vierkantig­e voorwerp om aan te vat. As jy haar wil leer om met begrip te tel, begin deur haar handjies te klap: 1, 2, 3, of deur blokkies op mekaar te stapel: 1, 2, 3.

Jy moet dus vir haar “vertoon” wat jy wil hê sy moet leer. As dit is om op te hou om die kat se stert te trek, streel met haar handjie saggies oor die kat. Gee vir haar die woorde vir dié ervaring: “Kyk, die katjie hou daarvan om saggies gestreel te word.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa