Baba & Kleuter

GEE DIE IMMUUNSTEL­SEL ’N HUPSTOOT

-

Kan jy jou kind se onvolwasse immuunstel­sel ’n hupstoot gee? Ja, sê kenners. Een van die maklikste (en boonop gratis) maniere om dit te doen, is om vir die eerste ses maande van sy lewe eksklusief borsmelk te gee.

Borsmelk bevat teenliggam­e en probiotika (oftewel goeie bakterieë). Jy kan ook die volgende doen: • Oorweeg ’n natuurlike vaginale geboorte, wat jou baba aan jou bakterieë blootstel terwyl hy deur die geboorteka­naal beweeg. • Laat jou kind inent. Immunisasi­e stimuleer ’n immuunreak­sie en ontwikkel ’n “weerstand- geheue” teen siektes sonder dat jou kind die siekte self kry.

Al kan jy byvoorbeel­d nie ’n baba jonger as ses maande teen die jaarlikse griepvirus beskerm nie, sal hy ’n groot mate van beskerming daarteen hê as ousus of ouboet en sy ouers ingeënt is. Die Bloemfonte­inse pediater dr. Barbra-Ann Saunders sê dieselfde geld ’n siekte soos kinkhoes, wat lewensgeva­arlik vir babas jonger as ses weke is.

As die ouer kinders in die huis egter daarteen geïmmunise­er is, en ma en pa weer as volwassene­s geïmmunise­er is (ons verloor ongelukkig mettertyd immuniteit teen kinkhoes), is baba se kans om dit te kry heelwat skraler. • Eet gesond. Die algemene aanbevelin­g is vyf porsies vars vrugte of groente per dag, en dit geld groot én klein mense. • Leef gesond. Gaan stap gereeld met jou kinders en laat hulle daagliks dinge doen soos buite bal speel en boom klim. • Was gereeld hande. • Leer jou kinders van kleins af om nie te

veel aan hul neus en oë te vat nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa