Baba & Kleuter

KIND EET UIT GEWOONTE

-

My dogtertjie (3) het ’n baie gesonde eetlus en eet gesonde kos. Ons gee gewoonlik twee versnaperi­nge in die dag, soos ’n vrug en jogurt of kaas. Deesdae wil sy egter meer gereeld iets hê om te eet, veral as sy sien iemand anders eet. Ek wil nie nee sê vir kos nie, maar dink dit word ’n gewoonte.

ANEL KIRSTEN ANTWOORD:

Daar is kinders met ongeloofli­k baie kosfiemies by wie dit ’n voortduren­de stryd is om genoeg daarvan in hul lyfie te kry, en dan is daar weer kinders wat eenvoudig nie kan ophou eet nie. Sommige kinders het bloot ’n gesonde eetlus. Dis ook moontlik dat sy op die oomblik ’n groeiversn­elling beleef. As jou kind onversadig bly en gewig aansit, kan dit op ander probleme dui. Bespreek dit met jou dokter of ’n dieetkundi­ge wat die situasie sal ontleed en moontlik bloedtoets­e sal aanvra.

Ek stem saam dat die etery dalk ’n gewoonte (of altans assosiasie) geword het en ’n mens moet oppas dat sy nie leer om weens ander redes as honger te eet nie, soos omdat sy aandag soek.

Dit kan later gewigs- en gesondheid­simplikasi­es inhou.

Verveeldhe­id is ook soms ’n rede waarom kinders onnodiglik peusel.

Ek stel voor jy maak gebruik van geskedulee­rde etes en gereelde peuselhapp­ies. Gee haar elke drie tot vier uur iets om te eet om te sorg dat haar bloedsuike­r stabiel bly en haar eetlus so gereguleer word.

Help haar ook om meer versadig te voel deur haar met elke ete en peuselhapp­ie genoeg proteïen te gee.

Kos met ’n lae glukemiese indeks (GI) en oplosbare vesel help ook om bloedsuike­r en dus eetlus te beheer.

Bied altyd gesonde keuses wanneer sy onnodiglik wil peusel, soos ’n kombinasie van vrugte, springmiel­ies, biltong, jogurt, pretzels, gekookte eiers, neute en rou groente soos wortels, kersietama­ties of komkommer.

As sy bo en behalwe etenstye en peuselhapp­ies nog wil eet, kan jy haar aandag met ander aktiwiteit­e waarvoor sy lief is probeer aftrek, soos teken of plakkers plak.

Solank jou kind ’n gesonde gewig handhaaf en jy gesonde kos aanbied, behoort die voortduren­de etery nie ’n probleem te wees nie. Dit gaan dalk net beteken dat jy meer gereeld supermark toe moet gaan!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa