Baba & Kleuter

NEE VIR DIÉ MAATJIE

-

VEk hou nie van my kleuter se maatjie nie. Wat moet ek doen?

A LENMARIE STANTON ANTWOORD:

Dink ’n bietjie aan jou eie kindervrie­ndskappe terug – miskien het jy ook ’n maatjie gehad van wie jou ouers nie gehou het nie. Of dalk was jy self daardie maatjie.

Die meeste kinders word met die hele spektrum van vriende groot en terwyl ek verstaan jy wil hê jou kleuter moet net oulike maatjies hê, sal hy tien teen een ook uitdagende vriendskap­pe sluit.

Om ’n goeie maatjie te wees, is ’n vaardighei­d wat soos alle ander vaardighed­e geleer en ontwikkel moet word.

Kinders kan soms neerhalend­e dinge kwytraak of selfs kindertjie­s wat anders is uitsluit. Of hegte vriendskap­pe kan skielik om onverklaar­bare redes tot ’n einde kom. Soms besef kinders ’n ander kind is eensaam, maar weet nie hoe om hulle te bevriend nie.

Hedendaags­e ouers is angstig en wil nie hê hul kinders moet frustrasie, hartseer of ander negatiewe gevoelens ervaar nie.

Pleks daarvan om te fokus op die beskerming van jou kleuter teen moontlike seerkry, kan jy jou daarop toespits om sy weerbaarhe­id te ontwikkel. Wanneer kinders weerbaar is, is hulle dapperder, nuuskierig­er en meer aanpasbaar.

Hier is ’n paar wenke:

• Stel jou kleuter bloot aan mense wat vir

hom omgee. • Laat hom weet dit is aanvaarbaa­r om

hulp te vra. • Modelleer gesonde sosiale gedrag en

skep geleenthei­d vir kreatiewe spel. • Verskaf geleenthei­d om onafhankli­k te dink en op te tree en om eie besluite te neem. • Herinner jou kleuter gereeld daaraan dat hy moeilike dinge kan bemeester, selfs al is dit swaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa