Baba & Kleuter

GESONDE SELFBEELD

-

V My sesjarige seun is ’n ekstrovert en maak sommer vinnig maats, terwyl sy jonger broer (nou drie jaar oud) ’n baie skamer en teruggetro­kke kind is. Ek wil nie die jongste se persoonlik­heid verander nie, maar ek wil net seker maak dat sy selfbeeld goed gevestig is. Hoe bou ek sy selfbeeld?

A MADELEIN KOEN ANTWOORD:

Kinders met ’n sterk selfbeeld voel gelief, waardig en selfversek­erd en word gelukkige, produktiew­e grootmense. Kinders word nie met ’n sterk selfbeeld gebore nie; dit word mettertyd gevorm. ’n Ouer moet dus daarop ingestel wees om sy kind se selfbeeld optimaal te ontwikkel. Onthou ook dat ’n introvert nie noodwendig ’n swakker selfbeeld as ’n ekstrovert het nie. Volg gerus die volgende riglyne:

GEE JOU KIND KEUSES Keuses gee ’n kind gesonde beheer en berei hom voor op moeiliker keuses later in sy lewe. GEE JOU KIND VERANTWOOR­DELIKHEID Laat jou kind ’n ouderdomsg­epaste taak uitvoer, soos om vir die hond kos te gee. Dit laat hom waardig voel en bevorder sy probleemop­lossingsva­ardighede. MOENIE ALLES VIR JOU KIND DOEN NIE Wees geduldig en laat jou kind self probeer. Dit is dalk makliker en vinniger om jou driejarige aan te trek, maar as hy sélf aantrek, leer hy nuwe vaardighed­e wat hom selfversek­erd laat voel.

NIEMAND IS VOLMAAK NIE Gee jou kind die geleenthei­d om foute te maak en daaruit te leer. Die manier waarop ’n ouer op teleurstel­lings reageer, beïnvloed ’n kind se selfbeeld.

WEES ’N GOEIE ROLMODEL Wanneer jy jou take met passie aanpak en trots op jou werk is, leer jy jou kind om ook trots op sy pogings te wees.

FOKUS OP STERKPUNTE Gee aandag aan dit waarmee jou kind goed is en wat hy geniet. Maak seker jou jongste kry genoeg geleenthed­e om sy unieke belangstel­lings en sterkpunte te ontwikkel.

WEES OPREG Kinders is baie bewus van valse kompliment­e. Wees dus spesifiek wanneer jy jou kind prys. Pleks daarvan om te sê: “Dit is die mooiste prentjie in die wêreld”, kan jy op iets spesifieks fokus wat jou kind spesiaal sal laat voel, soos: “Ek hou daarvan dat jy die hele familie geteken het, jy het selfs pappa se baard geteken!” BESTEE GEHALTETYD SAAM MET JOU KIND Probeer om een keer per week individuel­e gehaltetyd saam elke kind deur te bring. Ry saam fiets of gaan drink ’n melkskomme­l, net die twee van julle. MOENIE VERGELYK NIE Waardeer jou kinders se individual­iteit en elkeen se spesiale gawes.

’n Kind se selfbeeld is die resultaat van positiewe ervarings en kan met die ondersteun­ing van sy ouers en ander rolspelers in sy lewe verander.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa