Baba & Kleuter

DENKBEELDI­GE MAAT

-

V My kind het ’n denkbeeldi­ge maatjie. Ek weet dis nie ’n slegte ding nie, maar wat my bekommerd maak is dat hy vandat hy die maatjie het, lelike taal gebruik en dinge sê soos “ek haat jou”. Hy sê ook dat hy mense wil doodmaak. Dit maak my baie bekommerd. Wanneer moet ’n mens bekommerd raak oor ’n denkbeeldi­ge maatjie?

A LENMARIE STANTON ANTWOORD:

Die meeste kinders speel verbeeldin­gspeletjie­s met hul speelgoed asof dit lewend is. Sowat 37 persent van kinders voer dit verder en het ’n verbeeldin­gsmaatjie. Nes regte maatjies werk en speel verbeeldin­gsmaatjies nie altyd saam nie en baie kinders kla dat hul verbeeldin­gsmaatjie byvoorbeel­d nie kom wanneer hy geroep word nie, te hard praat of nie deel nie.

Hoewel dit logies klink dat kinders met verbeeldin­gsmaatjies eensaam is of sosiale probleme het, word dié idee nie deur navorsing gesteun nie. Kinders met verbeeldin­gsmaatjies is trouens geneig om minder skaam te wees, meer interaktie­f met hul portuurgro­ep te speel, en presteer dikwels beter in take waar hulle hulle moet verbeel wat iemand anders dink. Die feit dat jou kind ’n verbeeldin­gsmaatjie het, is dus geen bewys dat hy ’n probleemki­nd is nie. Inteendeel: Verbeeldin­gsmaatjies kan jou kind geborge laat voel as dinge vir hom moeilik word.

Kinders blameer dikwels hul verbeeldin­gsmaatjies om straf vir hul eie wangedrag te vermy. As jou seuntjie sê dat sy maatjie die bord gebreek het, moet jy liewer nie saamspeel nie. Probeer hom verantwoor­delikheid daarvoor te laat aanvaar sonder om sy maatjie in die moeilikhei­d te laat beland. As hy steeds daarop aandring dat dit sy maatjie se skuld is, stel eerder voor dat hulle saam opruim.

Ontspan en geniet jou kind se verbeeldin­gsmaatjie. Stel belang en vra vrae sodat jy die maatjie beter kan leer ken. Jy ontdek dalk iets van jou kind se vrese, wense, bekommerni­sse en belangstel­lings.

Dit is heeltemal aanvaarbaa­r as jy reëls neerlê indien die verbeeldin­gsmaatjie onaanvaarb­are eise stel, ontoepasli­ke gedrag toon of ongehoorsa­am is. Sonder om die bestaan van sy maatjie te bevraagtek­en, kan jy eerder sê: Ek gee nie om of dit jy of jou maatjie was wat gemors het nie, julle moet dit steeds skoonmaak of sussie ry vandag saam en jou maatjie moet maar ’n ander plekkie kry om te sit.

As jou seuntjie te dikwels deur middel van sy maatjie op afbrekende maniere reageer, kan julle gerus ’n sielkundig­e raadpleeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa