Baba & Kleuter

AKTIEWE OF EMPATIESE LUISTER

-

Met aktiewe luister is jy nie net deur aktiewe nieverbale kommunikas­ie betrokke nie, maar jy tree ook in gesprek met jou kind.

Jy gebruik aktiewe luister wanneer jou kind ’n sterk en ongemaklik­e emosie ervaar of in enige situasie waar daar ’n behoefte aan empatiese begrip bestaan, soos wanneer jou kind seergekry het, gespanne, bekommerd, bang of teleurgest­eld is of aan homself en sy vermoëns twyfel.

Baie kinders kan egter nie hulle emosies uitdruk nie en dan kom dit in wangedrag na vore. Hulle weier om opdragte uit te voer, gooi ’n vloermoer, slaan iemand, breek iets of kerm. Ouers reageer dikwels op die kind se wangedrag en maak só die situasie net erger. Wanneer jou kind sy broer skop, wat is jou reaksie?

Jy gryp dadelik in en sê: “Hou op om jou broer te skop. Gaan dadelik na jou kamer toe!” Dit is natuurlik ’n normale reaksie en soms is die regte optrede om die kind uit die situasie weg te neem. As jy egter vermoed daar is ’n diepere emosie ter sprake, is dit natuurlik ’n totale miskenning van die kind se gevoelens en gaan dit die kind niks help nie. Jou taak is nie net om jou kind se wangedrag te hanteer nie, maar ook sy dieper emosies wat die uitbarstin­g veroorsaak het. Wanneer jy jou kind se gevoelens deur aktiewe luister hanteer, verdwyn die wangedrag dikwels gouer.

Die voordeel van aktiewe luister is dat jou kind sien jy gee om vir sy gevoelens. Hy voel jy verstaan hom en het begrip vir sy emosies. Wanneer jy net raad gee, preek, raas, en so meer, kan dit sy wangedrag vererger omdat hy voel hy word nie verstaan nie. Nog ’n belangrike voordeel van aktiewe luister is dat die kind met verloop van tyd leer om sy gevoelens beter uit te druk omdat hy voel hy word verstaan. Hy leer om sy gevoelens in woorde uit te druk in plaas daarvan om deur wangedrag daaraan uiting te gee.

Kom ons kyk na belangrike stappe wat jy moet volg voor jy aktief kan luister:

1 SIT JOU EMOSIES EERS OPSY

Wangedrag by ’n kind maak dikwels sterk emosies by ’n ouer los. Maak daarom seker jy is baie kalm voordat jy reageer. Haal ’n paar keer diep asem voor jy op die situasie reageer. Mense met ’n kreatiewe brein visualisee­r letterlik hoe hulle hulle woede, teleurstel­ling of bekommerni­s in hulle hande neem en dit eers eenkant in die vertrek gaan neersit. Dit maak nie saak hoe jy dit doen nie, raak net eers kalm.

2 HOU OP MET WAARMEE JY BESIG IS, KYK NA JOU KIND EN LUISTER NA HOM.

Hoe beter jy na jou kind gaan luister, hoe vinniger sal die wangedrag opgelos word en hoe vinniger sal rus en vrede weer heers. Gebruik die tegnieke van passiewe luister.

3 PROBEER IDENTIFISE­ER WAT JOU KIND VOEL EN EGGO DIT AAN HOM TERUG.

Om iemand te slaan, ’n speelding te gryp of te weier om te luister kan dikwels die enigste manier wees wat ’n kind kan gebruik om te kry wat hy wil hê. Ouers dink dan dikwels die kind wil hulle net met sy wangedrag irriteer, maar jy as ouer kan kies om eerder jou kind se gedagtes te verander en aan hom te eggo hoe jy dink hy voel.

Al is jou interpreta­sie verkeerd, sal jou kind ervaar jy probeer hom verstaan en wil na hom luister. Kom ons sê jy vra jou kind om sy speelgoed weg te pak, maar hy doen dit nie. In plaas daarvan om self kwaad te word, eggo eerder sy gevoelens vir hom: “Jy wil nie nou ophou speel nie, want dit is vir jou te lekker.”

Wees ook versigtig dat jy nie jou interpreta­sie met ’n “maar” volg nie.

4 HIER IS ’N LYSIE GEVOELSWOO­RDE WAT JOU KIND DALK KAN ERVAAR:

bang, kwaad, geïrriteer­d, skaam, deurmekaar, teleurgest­eld, ontsteld, jaloers, voel uit, voel alleen, voel hy word verkeerd verstaan, senuweeagt­ig, hartseer, jammer, nie opgewasse nie, onseker of bekommerd.

PASSIEWE LUISTER

Passiewe luister beteken jy luister sonder om te onderbreek. Om passief te kan luister, moet jy al vyf elemente inspan [wat aan die begin van die artikel genoem word]. Knik kort-kort, sê af en toe “ja” of net “hm”. Maak seker jy is opreg wanneer jy só reageer, en nie afgetrokke nie.

Om passief te luister is hoegenaamd nie ’n passiewe proses nie; dit is in werklikhei­d ’n buitengewo­on aktiewe manier van luister.

VERBALE KOMMUNIKAS­IE

Natuurlik kan jy nou ook nie heeldag net sit en knik en glad nie praat nie. Verbale kommunikas­ie is daarom net so belangrik, al speel dit ’n kleiner rol. Kom ons kyk na ’n paar verskillen­de soorte verbale kommunikas­ie, wat aktiewe luister insluit.

HERFRASEER OF PARAFRASEE­R

Parafraser­ing is ’n kragtige maar maklike tegniek om te gebruik om vir jou kind te wys jy luister regtig. Jy herfraseer wat jou kind sê, met ander woorde, jy som op wat jy gehoor het hy vir jou sê, maar met gevoel. Die rede waarom ek sê met gevoel is dat jy daardeur seker maak jy klink nie soos ’n papegaai wat jou kind net napraat nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa