Baba & Kleuter

EK-BOODSKAPPE TYDENS KONFRONTAS­IE

-

Natuurlik kan jy nie altyd net empaties luister nie; soms moet jy jou kind konfrontee­r. Wanneer jy jou kind moet konfrontee­r, is ek-boodskappe die heel beste metode. Jy wil jou kind teregwys sonder om sy selfrespek te vernietig. Jy kan hierdie tegniek gebruik wanneer jy ontevrede is oor iets of wanneer jou kind se gedrag onaanvaarb­aar is. Probeer duidelik en reguit praat en verduideli­k vir jou kind presies hoe jy voel (terneerged­ruk, hartseer of teleurgest­eld). Sê wat jy van hom verwag sodat jy sal weet hy respekteer jou gevoelens. Die vier elemente van ek-boodskappe

1 BEGRIP Wys vir jou kind jy aanvaar sy gedrag, al irriteer dit jou grensloos op daardie oomblik. Veronderst­el jou vyfjarige seuntjie spring op jou bed. Jy kan wys dat jy verstaan hoekom hy dit doen deur te sê: “Dis vir jou lekker om op my bed te spring, nè?”

2 DIE OUER SE GEVOELENS Wanneer jou kind op jou bed spring, het jy gevoelens daaroor. Een hiervan is waarskynli­k ergerlikhe­id. Jy gaan dus so voort: “Maar dit maak my regtig kwaad.”

3 DIE KIND SE OPTREDE Wat jou kwaad maak, is dat die kind op die bed spring. Jy kan dus jou verduideli­king uitbrei: “As jy nog langer op my bed spring ...”

4 DIE GEVOLGE VAN DIE KIND SE OPTREDE Dit is nie altyd nodig om die gevolge van die optrede te noem nie. In die geval van jou kind wat op die bed spring, sal die uiteinde wees dat hy die matras beskadig. Daarom voltooi jy jou sin soos volg: “… sal die matras stukkend raak.”

Hier is die voltooide ek-boodskap met al vier die elemente: “Ek weet dit is vir jou lekker om op my bed te spring, maar ek word kwaad daaroor, want jy kan die matras beskadig.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa