Baba & Kleuter

RYMPIES WAARVAN KINDERS HOU

-

Kinders voel spontaan aangetrokk­e tot rympies wat die volgende elemente bevat, sê Gertie.

1 HERHALING Herhaling bied aan kinders wat nie in staat is om die hele rympie saam op te sê nie, die geleenthei­d om wel mee te doen wanneer woorde of frases herhaal word.” In een van ons bundels is daar byvoorbeel­d in ‘Ouma leer my hekel’ die hekelpen wat ‘ jikkel-wikkel jikkel-wikkel’. Die herhaling skep die indruk van iets wat aanhoudend plaasvind.”

2 KLANKNABOO­TSING Kinders hou van klanknaboo­tsing en dit kom dikwels in rympies voor. So ry Oupa se trekker “Toeka, toeka, broem! Paf, paf, paf!”, die hanslam loop met skeertyd “pittepitte-pit” uit die skuur uit en die telefoon lui “kiere-kiere-karrie-krui”. “Popsterre” vertel van uitbundige vrolikheid wanneer die kinders musiek maak: “Taa-ta-tattataa! Traa-la-lalla-laa! Chaa-cha-chachachaa! Paa-perampa-paa!”

3 PRETTIGE UITDRUKKIN­GS EN SÊGOED Rympies is propvol oulike sêgoed soos “Lékker, manne!” wat kinders se taal verryk.

4 DIALOOG Die dialoog in sommige rympies smeek om dramatiser­ing. As jy drama by die voorlesing voeg, kan jou kleuter met groot oë meedoen.

5 HUMOR Kinders sien graag iets snaaks in rympies raak en lag lekker daaroor. Dis waarskynli­k ook die rympies wat hulle die beste onthou!

6 RAAISELS Saam met prentjies wat leidrade verskaf kan rympie-raaisels vir hope pret sorg. Jou ouer kleinding sal selfs probeer om jou met die raaisels vas te vra en hulle kan dit ook geniet om die raaisels te dramatisee­r.

7 KLEURRYKE ILLUSTRASI­ES Kleurryke en interessan­te illustrasi­es trek kinders gou na boeke en bundels aan en verryk die teks. Kinders hou daarvan om na illustrasi­es te kyk en dit kan as vertrekpun­t vir ’n gesprek oor die rympie ingespan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa