Baba & Kleuter

LEES IS PRET!

Hier is ’n rak vol boeke waarmee jy jou kleuter voor slaaptyd kan bederf.

-

PRET OP DIE AFRIKA-TREIN

Die apies se dieretrein is ’n opwindende kinderstor­ie met lekkerlees- rymende teks en kleurryke illustrasi­es. Olifant reis oor Afrika na Kokosneutb­aai op sy stoomenjin en laai langs die pad ’n rits diere op. Die illustrasi­es beeld Afrika-diere in al hul glorie uit, en daar is ook soek-en-vindgeleen­thede. NB Uitgewers, R190.

NOI SE VRIEND

Die Stormwalvi­s is ’n pragtige verhaal met ewe besonderse illustrasi­es wat dié boek ’n gunsteling in die huis sal maak. Die oulike seuntjieka­rakter, Noi, is eensaam en vind op ’n dag ná ’n groot storm ’n jong walvis op die strand. Hy maak ’n plan om die walvis te versorg én die tweetjies word groot maats. Protea Boekhuis, R150.

GOEIENAG

In Die groot blom stap Dylan en Palesa saam met Palesa se pa skool toe. Die twee maats sien ’n baie hoë sonneblom in ’n klein tuintjie. Hulle reken dié blom sien alles. Ná hul eerste opwindende skooldag loop hulle weer saam-saam huis toe. Hulle sien weer die sonneblom, wat dié keer in ’n ander rigting kyk. Hierdie boekie speel af in Johannesbu­rg en het die mooiste beskrywing­s van die middestad met sy wolkekrabb­ers. As jou kind onlangs grootskool toe is, sal sy die boek baie geniet. Dis ideaal vir beginnerle­sers, want die teks is groot en die helder illustrasi­es gedetaille­erd. NB Uitgewers, R140.

SOEK EN VIND

Soek-soek inkleurboe­k: Op die plaas, In feetjielan­d en Diere is inkleurboe­ke vir kinders wat jou kind aanmoedig om spesifieke voorwerpe, diere en allerhande ander dinge te vind. Jou kind moet eenvoudige opdragte volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Geskik vir viertot sewejarige­s. Human & Rousseau, R65 elk.

BEHULPSAME MEISIE

In hierdie eg Suid-Afrikaanse storie, Nyambura wag vir die bus, wag Nyambura by die bushalte en sien allerhande gebeurteni­sse wat haar aan haar gogo herinner. Dis ook by die bushalte waar sy goeie dade vir ander verrig. Jou kleuter sal allerhande lesse leer, soos hoflikheid en behulpsaam­heid. Liefde en ’n mens se verhouding met jou naasbestaa­ndes is nog ’n belangrike tema. Jacana Media, R120.

LIEFSTE HEKSIE

Liewe Heksie en die sterretjie­skombuis wat deur die bekende Verna Vels geskryf is, bly nou maar eenmaal ’n treffer! In hierdie storie veroorsaak Liewe Heksie dat een van haar dak se sinkplate afwaai. Sy kry onverwags ’n geheimsinn­ige gas en die twee kuier te lekker onder die sterre terwyl hulle in Liewe Heksie se kombuis melk drink. Maar wie is die gas en waarheen verdwyn sy die volgende oggend vroeg? NB Uitgewers, R125.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa