Baba & Kleuter

KONSENTRAS­IE ...

WATTER KONSENTRAS­IE?

-

As jou kind net wil speel en nie kan konsentree­r nie, kan daar verskeie oorsake wees, sê die opvoedkund­ige sielkundig­e dr. Arina Lanser.

Seuntjies is gewoonlik meer geneig om te wil speel as leer, maar daar kan ook ernstiger oorsake soos ’n ontwikkeli­ngsagterst­and wees. Jou kind kan dalk ook nie die basiese perseptuel­e vaardighed­e hê wat nodig is om formeel te leer nie, en kan daarom nie by die res van die klas hou nie.

(Perseptuel­e vaardighed­e sluit in dat hy ’n voorwerp teen ’n besige agtergrond kan uitken, voorwerpe van mekaar volgens hul vorm kan onderskei, en so aan.)

Ander moontlike oorsake van konsentras­iegebrek sluit in ’n gebrek aan dissipline en roetine tuis, swak luistervaa­rdighede en toestande soos aandaggebr­eksteurnis en aandaggebr­ek-hiperaktiw­iteitsteur­nis.

HOE GOED MOET ’N GRAAD O’TJIE KAN KONSENTREE­R?

Vyf- tot sesjariges behoort 10 tot 15 minute op ’n slag te kan konsentree­r.

“Dit verg kreatiwite­it van die onderwyser­es en as die aanbieding eentonig of vervelig is, sal die kleuters gou belangstel­ling verloor,” sê Arina.

Een manier om dit te keer, is om aktiwiteit­e af te wissel en om kinders te help om ná ’n blaaskans weer te fokus.

“Kinders verskil en hul konsentras­ie hang in ’n groot mate van hul belangstel­ling in die aktiwiteit af,” vertel Arina.

“As ’n aktiwiteit byvoorbeel­d ’n halfuur lank aangebied word, behoort dit met iets prettigs of ’n blaaskans afgewissel te word. Die ideaal is vier sessies per uur van 15 minute op ’n slag by verskillen­de tafels.”

Moenie onrealisti­ese verwagting­e koester nie, want dit kan jou kind gespanne en angstig maak. Weet wat sy potensiaal is en wat jy van hom kan verwag.

Laastens moet jy jou kind beslis later in die jaar ’n skoolgeree­dheidstoet­s laat ondergaan, sê Arina. “Onthou ook, hy het genoeg tyd nodig om te speel!”

EK’S BANG MY KIND WORD TERUGGEHOU

Soms is ’n kind intellektu­eel gereed vir graad 1, maar emosioneel nog nie heeltemal daar nie.

“Dis egter belangrik om te bepaal of sy emosionele agterstand te wyte is aan onrypheid, trauma en of dit net deel van sy persoonlik­heid uitmaak,” sê Arina.

“As jou kind van nature skaam of teruggetro­kke is, sal nog ’n jaar in graad O nie regtig ’n verskil maak nie. As hy getraumati­seer is, kan terapie help.”

Volgens Arina word kinders dikwels onnodiglik teruggehou, veral seuns wat in die tweede helfte van die jaar verjaar.

“Dit kan hulle oorgereed maak en ook ouderdomsg­roep-probleme in sport veroorsaak.”

Kinders wat met reg teruggehou word, is dié wat heelparty agterstand­e het en gewoonlik ook ’n meegaande mediese geskiedeni­s.

Indien nodig, kan jy ook ’n ander leeromgewi­ng soos ’n tuisskool oorweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa