Baba & Kleuter

Ma- entreprene­ur

Met die innoverend­e Yummy Mummymaagb­and het Katie Borland (41), ’n ma van twee van Kaapstad, nuwe keuses vir swanger vroue moontlik gemaak ...

- DEUR SHANDA LUYT

WAAR HET ALLES BEGIN? Ek was nog altyd versot op klere en het mode-ontwerp studeer. Terwyl ek as stileerder in Kaapstad gewerk het, het ek by my beste vriendin gebly terwyl sy swanger was en moes ek gereeld haar “Ek het niks om aan te trek nie!”-klagtes aanhoor. Ek het toe die konsep vir ’n kraamdrag-modereeks begin ontwikkel, met as beginpunt die Yummy Mummy Tummy Belly Band, ’n nuttige naatlose band waarmee jy jou gewone klere in kraamdrag kan verander.

’n Grimeerkun­stenaar wat destyds saam met my gewerk het, se man het die enigste naatlose materiaalv­ervaardigi­ngsfabriek in Suid-Afrika gehad en alles het so net in plek geval! Baie het verander in die 10 jaar sedert ons die mark hier betree het. Toe ons aanvanklik begin het, het ek en my span vals swangermag­ies by ekspo’s gedra sodat ons die konsep van die magieband kon verduideli­k! Nou weet almal daarvan ... Die groei van die besigheid het goed gevloei.

WATTER ROL HET JOU MOEDERSKAP IN YUMMY MUMMY GESPEEL? Ek het Yummy Mummy Maternity begin voor ek kinders gehad het, al het ek gewens vir ’n boepie van my eie! Ek glo tog dit was ’n seëning omdat dit my toegelaat het om objektief te luister na wat my kliënte wou hê sonder dat my eie ervaring hulle s’n kon oorskadu. Yummy Mummy het nog altyd op die ma gefokus en is iets wat haar gekoester laat voel in hierdie spesiale tyd van haar lewe. Dit het ook beteken dat ek baie meer tyd aan die ondernemin­g kon afstaan sonder die eise van eie kinders.

Ek het nou twee kinders, Juno (6) en Rex (4). Toe hulle klein was, het dit ’n taam- like balanseert­oertjie afgegee om genoeg aandag en liefde te gee aan my werklike babas en my sakebaba. Ek onthou nog hoe ek in die hoek van ’n bouterrein tussen die stof en gemors gesit en uitmelk het toe ons ons eerste winkel oopgemaak het!

DIE BESTE EN SLEGSTE VAN ENTREPRENE­URSKAP? Ek geniet dit dat ek my eie agenda en werktyd kan bepaal. Ek is vroegoggen­d by my lessenaar asook laat in die nag, wat beteken dat ek in die middae by die kinders kan wees. Ons het onlangs Kaapstad toe getrek, en is gelukkig genoeg om middagpret op die strand of ’n wynplaas te kan hê. Maar daar is ’n prys te betaal vir hierdie soort vryheid: Jy is nooit regtig af wanneer jy vir jouself werk nie.

WAT GENIET JY DAARVAN OM MET SWANGER VROUE EN MA’S TE WERK? Ek geniet dit om met amperma’s te werk omdat dit so ’n besonderse tyd van hul lewe is. Ons is mal daaroor om deel te wees van hierdie reis. Om saam met ander ma’s te werk is ook wonderlik, aangesien ons dieselfde prioriteit­e het: Dit is belangrik om jou sakekolleg­as te respekteer en ons gee almal voluit as dit kom by ons werk, want dit is ons passie – maar ’n mens kan ook nie ’n meer ondersteun­ende gehoor hê as jy ’n afspraak moet kanselleer omdat jou kind siek is nie.

HOE BELANGRIK IS BEMARKING? ’n Mens moet heeltyd aan jou bemarking werk! As entreprene­urs is ons gelukkig dat ons vinnig kan beweeg en ons bemarking kan aanpas – ons gebruik dus graag ons sosialemed­iakanale en meningsvor­mers daarvoor.

Die bemarkings­veld het in die afgelope 10 jaar baie verander, maar ons geniet dit steeds om ons boodskap uit te kry en by te bly met moderne mamma-neigings.

WAT MOET MA-ENTREPRENE­URS MET AANLYNWINK­ELS ONTHOU? Ons verkoop aanlyn sowel as in ons winkel – dis vir ons produk belangrik om albei te doen. Aanlyninko­pies het die afgelope vyf jaar baie in Suid-Afrika verander en ek glo dit sal aanhou om ’n groot invloed op die reëls van die spel te hê.

Kliënte moet dus iets ekstra kry wat diens en ervaring betref. Jy moet in gedagte hou hoe jou produk dit sal doen wanneer jy nie self daar is om met die gehoor te praat nie. En kan jy verkope motiveer?

JULLE HET ONLANGS OORGESKAKE­L NA BAMBOESMAT­ERIALE ... Ons het ’n jaar gelede oorgeslaan en nog nie teruggekyk nie! Dit is so belangrik in die sakewêreld vandag om volhoubaar­heid in ag te neem, want ons wil tog iets nalaat vir die volgende geslag. Ons bamboesmat­eriale is duurder as ons vorige reekse, maar die belegging was die moeite werd. Ons staan 100 persent agter die minimalist­iese filosofie van minder, maar ’n beter gehalte.

Ons het ’n paar opwindende nuwe reekse wat eersdaags verskyn, altyd met die fokus op kraamdrag-noodsaakli­khede van ’n goeie gehalte. En ons probeer altyd onthou: beter vir mamma, beter vir baba en beter vir die planeet – want sy’s tog ook ’n mamma!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa