Baba & Kleuter

V& A Swangerska­p

-

My baba is amper drie maande oud. Ek sukkel met my blaas en kan nie knyp nie. Gaan dit altyd so wees? Is daar iets wat ek kan doen?

ANRO-MARI COHEN ANTWOORD:

Baie vroue sukkel met inkontinen­sie, oftewel die verlies aan blaasbehee­r. Dit word veroorsaak deur faktore soos swangerska­p, kraam en menopouse. Die erns wissel tussen urine wat af en toe lek wanneer jy hoes of nies tot so ’n skielike en sterk drang om te urineer dat jy nie betyds by ’n badkamer kan uitkom nie.

As inkontinen­sie jou daaglikse aktiwiteit­e beïnvloed, moet jy liewer dokter toe gaan. Vir die meeste mense kan eenvoudige leef stylverand­eringe dié probleem in bedwang bring.

As jy geneig is om urine te lek wanneer jy lag, nies, hoes, draf, spring of iets optel, staan dit bekend as stres inkontinen­sie.

Tydens swangerska­p produseer jou liggaam spesiale hormone wat jou ligamente en gewrigte meer elasties maak. Dit, gekombinee­r met die gewig van jou baba, verswak en strek die spiere van jou bekkenvloe­r, en dit kan veroorsaak dat urine lek.

’n Normale bevalling kan ook inkontinen­sie veroorsaak, veral as ingrypings nodig was wat skade kon aanrig aan die spiere en senuwees in jou bekken wat jou blaas beheer. (Party vroue sukkel ook ná ’n keisersnee met inkontinen­sie.)

Swak blaasspier­e, ooraktiewe blaasspier­e en senuweeska­de dra alles tot inkontinen­sie by. By sommige vroue duur dit langer as by ander.

Dit kan binne ’n paar weke nadat jy gekraam het verdwyn, of ’n paar maande ná die geboorte nog voortduur.

Jy kan beheer oor jou blaas verbeter deur elke dag bekkenvloe­r oefeninge bekend as Kegel- oefeninge te doen. Kegel- oefeninge behels dat jy jou bekkenvloe­r saamtrek om die spiere te versterk.

Dié oefeninge moet minstens drie keer per dag gedoen word en dit duur tot drie maande voor jy ’n verskil voel.

Lê op jou rug met jou bene gebuig en haal ontspanne asem. Isoleer jou bekkenspie­re deur jouself te verbeel dat jy tegelyk ’n windjie en ’n piepie terugknyp. Met ander woorde: Trek in en op.

Jy moet die spiere om jou vagina en anus voel saamtrek. Probeer om nie jou boude of maagspiere saam te trek nie en moet ook nie asem ophou nie.

Moenie moed verloor as jy die saamtrekki­ng nie vir ’n lang ruk kan hou nie. Begin met vyf sekondes en hou dit later 10 sekondes lank. Ontspan dan 10 sekondes en trek weer saam. Volg dit op met 10 vinnige saamtrekki­ngs.

Jou doelwit is om drie keer per dag 10 lang sametrekki­ngs gevolg deur 10 kort sametrekki­ngs uit te voer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa