Baba & Kleuter

Kleinding se waterhuisi­e

Die vrugwater in jou baarmoeder hou jou baba veilig en knus. Lees hier waar dit vandaan kom en wat dit alles vir jou baba beteken.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Vrugwater is die lewegewend­e vloeistof waarin jou baba in haar voorgeboor­telike kokonbesta­an dryf. Maar waar kom dit vandaan?

Vrugwater is ’n vloeistof wat syfer deur ’n vlies wat baie van die proteïen en sellulêre elemente daarin uitfiltree­r. Dit word dan ’n soort waterige oplossing van jou bloed.

Vroeg in die swangerska­p word vrugwater vervaardig deur die oorplasing van water en elektrolie­te van die fetus deur sy vel, die naelstring en die oppervlak van die vrugwaters­ak se binnevoeri­ng.

Namate jou ongebore baba groei en ouer word, neem die niere oor en begin jou baba urineer. “Dit is waarom jou vrugwater meestal uit urien bestaan en waarom die volume daarvan toeneem,” sê die Kaapstadse ginekoloog dr. JP du Buisson.

HOEKOM VRUGWATER?

Die vrugwater hou jou baba se temperatuu­r konstant. Dit help jou baba ook om sonder hindernis rond te beweeg en te groei.

Aan die begin van ’n swangerska­p is daar ’n groot hoeveelhei­d vrugwater in verhouding tot die baba. Dit laat die baba toe om vrylik in ’n gewiglose wêreld rond te swem en help so om sy ledemate en spiertonus te ontwikkel.

Teen omtrent week 32 kan die meeste babas nie meer so maklik beweeg nie en hoe nader die geboorte kom, hoe meer stabiel lê jou kleinding in die baarmoeder.

Die vloeistofg­evulde vrugwaters­ak druk die wand van jou baarmoeder uit en sorg so dat jou baba nie verkeerd vorm nie. Dit hou ook infeksie uit die baarmoeder en dien as ’n kussing teen stampe.

As jy byvoorbeel­d ’n slag teen jou maag kry, sal jou baba goed teen beserings bestand wees danksy die gekombinee­rde beskerming van die baarmoeder­wand en die vrugwater.

Daarby sluk jou baba aanhoudend vrugwater, en dit gee oefening aan die spiertjies wat hy nodig het om ná geboorte melk te sluk.

JP verduideli­k dat die vloeistof ook jou baba se longe vul, wat die longwande liggies laat beweeg.

“Dit is uiters belangrik omdat dit jou baba se longontwik­keling bevorder.”

Gedurende die geboortepr­oses word vrugwater uit die longe gepers namate jou baba deur die geboorteka­naal beweeg.

So word sy longe daarop voorberei om suurstof buite die baarmoeder in te asem.

Jou baba skei ook sekere stowwe in die vrugwater uit, veral wanneer hy piepie.

“Die inneem en uitskeidin­g van vrugwater help met die ontwikkeli­ng van jou baba se dermkanaal,” sê JP.

HOEVEEL VRUGWATER HET EK?

Voor jy 15 weke swanger is, is daar baie min vloeistof – omtrent 35 ml. Dan styg dit skielik en teen 30 weke bly dit konstant tot omtrent op 37 weke tussen 500 en 1 100 ml.

Daarna daal die volume weer skielik tot sowat 600 of 700 ml en so bly dit tot jou baba geboorte.

Die afname vind plaas omdat jou baba se niere meer volwasse word. Sy urien is nou meer gekonsentr­eerd en minder daarvan beland dus in die vrugwater.

WATER WAT WAARSKU

Het jy al gehoor van amniosente­se? ’n Amniosente­se word nie met alle swangerska­ppe gedoen nie, maar meestal wanneer jou ginekoloog risikofakt­ore geïdentifi­seer het.

As jy ouer as 35 is en ’n familieges­kiedenis van genetiese afwykings het, sal ’n amniosente­se aanbeveel word indien siftings- of selvrye DNA-toetse ’n risiko aangedui het.

In hierdie proses word van die vrugwater onttrek sodat dit ondersoek kan word. Dít laat jou ginekoloog toe om diagnoses voor geboorte te maak en stel hom in staat om jou ongebore babas e welstand, longvolwas­senheid en genetiese samestelli­ng te bepaal.

Die toets kan ook later in die swangerska­p uitgevoer word om indien nodig die baba se longvolwas­senheid te bepaal, sê JP.

Gewoonlik beteken uitsonderl­ike skommeling­e in die hoeveelhei­d vrugwater in jou baarmoeder dat jou baba moontlik ontwikkeli­ngsproblem­e het.

Die volume vrugwater word daarom dikwels nagegaan, óf deur middel van ’n sonaronder­soek óf deur aan jou buik te voel.

Terwyl jy kraam, word jou vrugwater ook dopgehou op soek na tekens dat jou baba in nood verkeer. Dit kan net gedoen word nadat die water gebreek het of die vliese kunsmatig geskeur is. Wanneer daar mekonium (jou baba se eerste stoelgang) in die vrugwater gevind word, is dit moontlik ’n teken van gevaar en moet jy en jou baba verder gemonitor word.

HOE GEMAAK AS VRUGWATER LEK?

Stel jou dokter onmiddelli­k in kennis as jy sien of vermoed jou vrugwater lek, want dan loop jou baba die gevaar van infeksie en vroeë geboorte.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa