Baba & Kleuter

V& A Borsvoedin­g

-

Moet ek in die eerste weke ná my baba se geboorte tepelskerm­s gebruik? Ek wil nie hê my tepels moet so bars soos my vriendin s’n nie – dit het darem baie seer gelyk.

LISANNE DU PLESSIS ANTWOORD: Daar is twee belangrike eerste stappe tot suksesvoll­e borsvoedin­g wat ook bors- en/of tepeltraum­a kan voorkom. Dit is eerstens die korrekte vashou (posisioner­ing) van die baba en tweedens hegting aan die bors. Jy kan jou baba op verskillen­de maniere vashou, en julle twee kan self besluit wat vir julle gemaklik is en wat die beste werk. Die basiese riglyn is dat jy gemaklik sit of lê en jou baba dan na jou lyf toe bring. Moenie na jou baba afbuk om te borsvoed nie, want dan gaan jou rug seer word en jou baba kan aan die tepel “hang”, wat dit seer kan maak of laat bars. In die algemeenst­e wiegieposi­sie moet jy en jou baba só naby aan mekaar wees dat julle met jul mae teen mekaar geposision­eer is. Jou baba moet op haar sy lê en haar gesiggie moet na jou bors kyk. Hierna moet jy jou bors aanbied. Moenie oorhaastig wees nie. Kielie jou baba se bolip met jou tepel tot sy haar mondjie wyd oopmaak. As jou baba nie haar mondjie lekker wyd oopmaak nie, kan die bors uitglip en jou tepel seerkry. Sodra die mondjie wyd genoeg oop is, moet mamma gereed sit met haar bors. Jou baba het goed geheg wanneer haar kennetjie en neusie teen jou bors vasdruk, haar onderlip uitkrul en ’n groot deel van jou bors (die tepel en donkerder areola) in haar mondjie is. As jou baba goed geposision­eer is en goed heg en jou tepels steeds seer word, kan ’n tepelskerm as ’n laaste uitweg gebruik word eerder as dat jy ophou borsvoed .’ n Tepels kermis’ n dun, buigsame silikoon bedekking wat jy voor borsvoedin­g oor jou tepelarea plaas. Dit lyk amper soos ’n deurskynen­de bolhoedjie. Sommige kenners is egter bekommerd dat dit borsvoedin­g sleg beïnvloed as daar ’n voorwerp tussen jou baba se mond en jou bors is. Daarom is die algemene raad dat fopspene, bottels, bottelspen­e en tepel-skerms in veral die eerste kritieke dae ná die geboorte vermy moet word. As jy besluit om ’n tepelskerm te gebruik, moet dit vir so ’n kort as moontlike tydperk gedoen word. Moet liewer nie enige soort room aan ’n seer tepel smeer nie. ’n Lanolienro­om kan by die apteek gekoop word, maar is dikwels duur. ’n Nuttige wenk om tepels gesond te hou of te genees, is om ná ’n voeding ’n druppel borsmelk uit te druk en dit aan die tepel te smeer. Borsmelk het antibakter­iese en ander eienskappe wat ’n seer tepel kan behandel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa