Baba & Kleuter

Kleinsus se sagte skedelnate

Daardie sagte plekkies op jou baba se kop verklap heelwat oor sy gesondheid – hou hulle dus fyn dop!

- DEUR COLETTE DU PLESSIS

Die mens se skedel bestaan uit baie bene wat aan mekaar geheg is om een stewige, benerige “helm” te vorm wat die brein beskerm. ’n Gesonde baba word egter nie gebore met al hierdie kopbene reeds geheg nie. By pasgeboren­es is daar op sekere dele van die skedel nog sagte, oop plekkies tussen die bene. Dié dele, wat ook die skedelnate genoem word, groei mettertyd toe. Dokters noem dit die fontanelle.

’n Kinderbrei­n groei teen ’n verstommen­de pas en die skedelbene kan nie byhou nie. Daarom bly die fontanelle tot op ’n sekere ouderdom “oop” om jou baba se brein ruimte te gun om groter te word.

Fontanelle word soos die res van die brein met ’n bindweefse­llaag bedek. Normale babas het gewoonlik ses fontanelle – twee grotes bo-op die kop en vier kleintjies aan die kante van die kop. Dit is hoofsaakli­k die twee grotes waaraan pediaters en klinieksus­ters hulle steur wanneer hulle jou baba ondersoek. En dít is wat jy oor die fontanelle behoort te weet …

TWEE GROOT SKEDELNATE

Die twee groot fontanelle is aan die bokant van jou kind se kop. Die een op die bopunt van die kop is min of meer diamantvor­mig en aanvanklik sowat 2 by 3 cm in omtrek. Dié sagte plek staan ook bekend as die anterior (voorste) fontanel en dit groei saam met jou baba se kop. Dit is dus normaal dat hierdie sagte plekkie heelwat groter is teen die tyd dat jou baba ses maande oud is. Dit is ook dié fontanel wat belangrike inligting oor ’n baba se gesondheid kan verklap.

Die voorste fontanel is die grootste fontanel en groei eers teen 18 maande toe. In sommige bronne word hierdie proses as “verbening” beskryf. En dit is eintlik presies wat gebeur wanneer minerale deur die skedelnate opgeneem word en dan verhard sodat die benerige plate van die skedelbeen ineensmelt.

Die ander sagte plekkie bo-op baba se kop, wat as die posterior (agterste) fontanel bekendstaa­n, is heelwat kleiner. Dié fontanel is driehoekig en skaars ’n halwe sentimeter groot. Dit sluit iewers tussen ses en agt weke oud.

Jy sal hierdie sagte plekkie net onder die kroon van jou baba se kop reg op die middellyn van sy skedel voel.

WEES OP DIE UITKYK VIR… KLOPPENDE FONTANELLE

’n Baba se fontanelle klop soms sigbaar. Is dit normaal? Ja, sê kenners. Dis bloot die bloed wat deur die are in sy brein pomp.

INGEDUIKTE FONTANELLE

Hol fontanelle dui op ontwaterin­g. Gee dadelik vir jou baba vloeistof. Dit kan veroorsaak word deur diarree, hewige naarheid of buitengewo­ne hitte.

BULTENDE FONTANELLE

Fontanelle wat uitbult is meestal normaal, mits dit net tydelik is. Dit gebeur gewoonlik wanneer veral ’n jonger baba hom inspan om ’n poef uit te druk, opgooi of behoorlik huil. ’n Baba se boonste fontanelle bult ook soms as hy plat lê. As die fontanel weer terugsak wanneer jou baba kalm is en regop sit, is dit heeltemal normaal.

Bultende fontanelle wat nie weer na hul normale voorkoms terugkeer nie, kan egter ’n teken wees van drukking of ontsteking in die brein. Raadpleeg in sulke gevalle ’n dokter of neem jou baba na ’n noodeenhei­d. As jou baba terselfder­tyd knieserig of koorsig is, moet jy jou beslis na mediese hulp haas. Dit kan onder meer breinvlies­ontsteking wees.

Weeklikse kliniekbes­oeke in jou baba se eerste ses weke is ’n moet – nie net om gewigstoen­ame te monitor nie, maar ook omdat gereelde meting van sy kopomtrek belangrike inligting oor die groei en ontwikkeli­ng van sy brein verskaf.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa