Fyn vat

Jou kind is waar­skyn­lik mal daar­oor om al­les met haar klein vin­ger­tjies te ont­dek – dis nou die tyd om vin­ger­kos be­kend te s­tel.

Baba & Kleuter - - CONTENTS -

Jou ba­ba het waar­skyn­lik ie­wers rond­om ses maan­de be­gin eet. Jy voer ge­trou die le­pel­tjies pu­ree, maar sy wil heel­tyd die le­pel by jou gryp.

Een op­los­sing is om vir haar haar eie le­pel te gee ter­wyl jy haar steeds voer.

Die an­der is om vir haar kos te be­gin gee wat sy self kan eet. Nie net sal dit haar on­stuit­ba­re wil om self din­ge te doen be­vre­dig nie, dit sal ook vir haar ’n he­le nu­we wê­reld vol in­te­res­san­te din­ge oop­maak. WAAR­OM VIN­GER­KOS? Jou ba­ba ont­wik­kel op haar bes­te in ’n om­ge­wing waar al haar sin­tuie ge­sti­mu­leer word. Vin­ger­kos is ’n een­vou­di­ge, na­tuur­li­ke ma­nier om haar op ver­skeie vlak­ke te sti­mu­leer son­der dat jy eens daar­oor hoef te dink.

Al die vat en voel, pap druk en smeer sti­mu­leer haar tas­sin­tuig. Die ver­skil­len­de tem­pe­ra­tu­re en teks­tu­re is ook fan­tas­ties vir hand­jies en ’n mond­jie wat moet leer voel. Die groot klomp vorms en kleu­re sti­mu­leer haar sig en om­dat vin­ger­kos ’n gro­ter ver­skei­den­heid hap­pies be­skik­baar maak as pu­ree, kan dit haar reuk- en smaak­sin ek­stra sti­mu­la­sie gee. Selfs haar ge­hoor word ge­sti­mu­leer wan­neer sy iets kra­ke­rigs kou of met haar le­pel teen haar ta­fel­tjie kap.

Wan­neer ’n ba­ba met haar hand­jies moet eet, oe­fen haar vin­gers hard om te kan op­tel en vas­hou en be­vor­der dit so haar fynspier­ont­wik­ke­ling. Om dan se­ker te maak dat die eet­din­ge­tjie tot in die mond kom en nie in die oog of neus­ga­te be­land nie, verg hand-oog-ko­ör­di­na­sie.

Wan­neer die stuk pie­sang in haar mond is, moet sy leer wat om daar­mee te doen en hier­die oe­fe­ning be­vor­der haar o­raal­mo­to­rie­se ont­wik­ke­ling. Dit is die deel van haar ont­wik­ke­ling wat be­lang­rik is vir wan­neer sy be­gin praat. Grow­we kos help dus jou ba­ba ’n paar maan­de la­ter om haar woord­jies mooi uit te spreek. Van soet en jel­lie­rig tot groen en gril­le­rig, koud en kor­rel­rig tot rond en kra­ke­rig ... vin­ger­kos is kos vir jou ba­ba se brein. DOEN DIT SO

As jou kind uit­reik na die kos en dit self wil neem, hou op oor­log voer en be­gin vir haar saam met haar grow­wer pu­ree ook een keer per dag ’n kos­sie gee wat sy met haar han­de kan eet.

Jy kan dit dan s­tel­sel­ma­tig ver­meer­der na een hand­jie- of vin­ger­kos per ete ter­wyl die res pu­ree bly.

’n Baie ge­rief­li­ke op­sie wat ook haar hand­vaar­dig­he­de oe­fen, is om sak­kies pu­ree te gee waar­uit sy self kan eet. Daar is ver­skeie sma­ke om van te kies.

Na­ma­te sy ou­er word en meer vaar­dig met haar vin­gers, kan jy die pu­ree-i­tems min­der maak en die vin­ger­kos meer tot sy ná haar eer­ste ver­jaar­dag al haar kos­sies groot en grof kan eet.

Laat jou ba­ba toe om self te ont­dek. Sy kan die kos pap druk en deur haar vin­gers laat peul, dit op haar ta­fel­tjie smeer en selfs in haar ha­re in­woel. Dit is al­les deel van kos ont­dek en is waar­de­vol­le sti­mu­la­sie. Leer haar net reg van die be­gin af dat ons nie kos of eet­ge­rei gooi nie.

Twee goue re­ëls is om haar nooit te dwing om iets te eet nie en om nie iets an­ders te gee as sy nie wil eet wat jy voor­ge­sit het nie. As sy iets wil hê wat op jou bord is, kan jy dit vir haar gee, mits dit nie sout of sui­ker be­vat nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.