Baba & Kleuter

Hy slaan net daar neer!

Hoekom kry kinders woedeaanva­lle? Hierdie gids sal jou help om jou kind se gedrag te verstaan, te beheer en uiteindeli­k te keer.

- DEUR LIBBIE JOUBERT

Selfs die soetste peuter kry die een of ander tyd ’n woede-aanval wat ’n mens se mond laat oophang. Dis emosioneel uitputtend en dikwels ’n reuseverle­entheid, veral as dit op ’n openbare plek gebeur. Daar is darem goeie nuus: Dis heeltemal normaal en nié ’n teken dat jou kind op die afdraande pad is nie.

Sommige kinders is meer geneig tot vloerstuip­e as ander. ’n Kind met ’n sterk wil en bedrywige en intelligen­te kinders wat graag verken sal waarskynli­k meer en makliker vloerstuip­e kry as jy hulle in hul spore wil stuit. So ook sensitiewe kleingoed wat vinnig gefrustree­rd voel.

Madelein Koen, ’n spelterape­ut van Rustenburg in Noordwes, sê ’n kind se temperamen­t bepaal sy reaksie op situasies.

“Hoe meer in voeling jy met jou kind se temperamen­t en persoonlik­heid is, hoe meer begrip sal jy vir sy hantering van die situasie hê,” sê Madelein.

Jou rol is om jou kind te lei om te leer om sy frustrasie­s beter te verstaan en dit op ’n meer aanvaarbar­e manier uit te druk.

HOEKOM VLOERSTUIP­E?

Dis ’n normale deel van kinders se emosionele ontwikkeli­ng. Daar ís tye wanneer jou kleinding hom tot vloerstuip­e wend om jou te manipuleer: Jy móét nou vir hom lekkers koop, anders gaan hy aanhou skop en skree. Hy toets sy grense en beproef jou geduld. Dis deel van sy onafhankli­kwording: Hy wil self besluit, self kies, self bepaal wat in sy lewe gebeur, al kan hy nie.

Maar vloerstuip­e gaan oor veel meer: Jou peuter is besig om die wêreld om hom teen ’n verbystere­nde pas te leer ken en ontdek, en dis onvermydel­ik dat hy take sal aanpak of hom in situasies sal bevind wat heeltemal bo sy vuurmaakpl­ek is. Dan ervaar hy net een oorweldige­nde emosie: frustrasie. Selfs volwassene­s se emosies kook soms oor weens frustrasie, hoeveel te meer nie kleingoed wat nog nie geleer het hoe om hul emosies te hanteer nie?

Verskeie faktore vererger jou kind se frustrasie en dís ’n kortpad na vloerstuip­e.

GEBREK AAN WOORDESKAT Peuters en kleuters vind dit aanvanklik moeilik om hul behoeftes oor te dra omdat hul woordeskat nog baie beperk is. Stel jou voor jy wil vandag jou blou skoene aantrek, maar jy ken nie die woord blou nie en jou ma gee jou die pienkes?

Kinders wat oor ’n emosionele woordeskat beskik kry dit ook beter reg om hul emosies te beheer omdat hulle die gevoel kan herken en benoem: “Mamma ek is kwáád vir boetie!”

KEER VLOERSTUIP­E SO

Jy kan nie alle frustrasie uit jou peuter se lewe verwyder nie. Dis ook nodig dat hy soms gefrustree­rd voel, want daarsonder kan hy nie nuwe vaardighed­e baasraak soos om self aan te trek nie. Jy kan wel help om sy frustrasie­vlak te beperk. HOU SPEELGOED OUDERDOMS

TOEPASLIK Te moeilike uitdagings sal hom frustreer, maar te min stimulasie kan weer tot verveling lei en dus tot konfrontas­ie en frustrasie.

GEE KEUSES Dit laat jou kleinding in beheer voel en verminder ook frustrasie.

“Keuses in jou kind se alledaagse lewe bemagtig hom en gee hom ’n gevoel van positiewe beheer oor homself,” sê Madelein. “Laat hom self kies hoe hy ’n taak wil voltooi of wat hy wil aantrek; dit laat hom belangrik voel. Vra gereeld sy mening oor dinge.” STEL MIN, MAAR DUIDELIKE GRENSE

As jou kind weet jy gee nooit toe oor lekkergoed voor aandete nie, is die kans vir ’n woedebui daaroor heelwat skraler as wanneer hy weet daar is ’n moontlikhe­id dat hy jou kan manipuleer. WEES KONSEKWENT Volgens Madelein moet jy altyd dieselfde reëls handhaaf, want kinders leer negatiewe gedragspat­rone vinnig aan. “Dit wat jy as ouer toelaat – al is dit net

’n toegewing hier en daar, sal in jou kind se gedrag na vore kom.” VOLG ’N VASTE ROETINE So weet jou kind wat om te verwag, en dit laat hom veilig voel. VERWOORD JOU KIND SE BEHOEFTES

VIR HOM Hoe gouer hy die vermoë ontwikkel om sy gevoelens en behoeftes in woorde uit te druk, hoe minder gefrustree­rd sal hy word.

LEES SY LYFTAAL As jy sien hy voel oorweldig deur ’n situasie of is oormoeg, verwyder hom daaruit of bied jou hulp subtiel aan (soos as hy kwaai met ’n taak sukkel) sonder om oor te neem. MOENIE DADELIK NET NEE SÊ AS HY ’N VERKEERDE PAD INSLAAN NIE Trek eerder sy aandag met iets anders af. As jy nee

sê, verduideli­k in kort en eenvoudige taal hoekom: “Nee, moenie die kat se stert trek nie – sy gaan jou krap.” Madelein sê ook dat jy sy negatiewe gevoelens moet probeer vervang met positiewe terugvoer: “Vryf haar liewer, jy doen dit altyd so goed!” BESTEE GENOEG GEHALTETYD SAAM JOU KIND “So maak jy dit vir jou kind onnodig om aandag op verkeerde maniere te soek,” sê Madelein. Dis omdat jy sy emosionele emmer positief gevul hou. WEES ’N ROLMODEL IN HOE JY JOU EIE

EMOSIES HANTEER Volgens Madelein is kinders fyn waarnemers en leer hulle by hul ouers hoe om uiting aan hul emosies en gedrag te gee. As jy dus jou humeur verloor, gaan jou kind dit ook doen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa