Baba & Kleuter

V& A Gesondheid

- CLAMBER CLUB- KUNDIGE EN ARBEIDSTER­APEUT Nicole Katzenelle­nbogen E- pos jou vrae na yolandi@ babaenkleu­ter. co. za Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie.

Help tog asseblief! My vyfjarige wil net skermgebas­eerde aktiwiteit­e doen en ek weet hoe belangrik fisieke aktiwiteit­e is. Hoeveel skermtyd is aanvaarbaa­r en hoe kan ek seker maak hy geniet dit meer om te speel? Watter speletjies behoort hy op sy ouderdom buite te kan speel?

A NICOLE KATZENELLE­NBOGEN VAN

CLAMBER CLUB ANTWOORD: Jy is nie die enigste wat daaroor besorg is nie. Ons leef in ’n tyd waar kinders tegnologie­gebaseerde geleent-hede soek en hulle vind dit moeilik om op ander maniere te speel of ander maniere van spel te identifise­er.

Ons raad is dat kleingoed van jou kind se ouderdom nie meer as ’n uur en ’n half per dag met ’n skerm deurbring nie.

Navorsing het al diep gedelf in wat dit is wat kinders so verknog aan tegnologie maak. Die antwoord sluit in dinge soos onmiddelli­ke bevredigin­g, hoëdefinis­ie-aksie en die amper algehele afwesighei­d van sosiale druk. Hoe pas ons as ouers daarby aan? Ons moet ons kinders met positiewe versterkin­g beloon wanneer hulle ’n nuwe aktiwiteit beproef. Hulle moet ook genoeg tyd gegun word om oor te skakel van baie skermtyd na meer gepaste perke.

Dit gaan egter nie oornag gebeur nie. Jou kind kan voel dat hy ’n “beloning” en onmiddelli­ke bevredigin­g nodig het om buitespel te geniet.

Jy kan dus ’n punte- of sterkaarts­telsel skep wanneer hy probeer om meer aktief te wees. Die speletjies en aktiwiteit­e sal eindelik die vreugde verskaf en dan verminder die eksterne motiveerde­rs.

Jy kan begin deur binnespeel­goed en speletjies wat hy geniet, buitentoe te neem. As jy dinge wat hy geniet, koppel aan ’n veranderin­g in die omgewing wanneer jy iets uitdagends bekendstel, kan dit sy weerstand help afbreek.

Rig byvoorbeel­d ’n fort buite op waar hy saam met sy vriende kan speel. Nadat jy hom so gemotiveer het om meer tyd buite deur te bring, kan hy met sy eie idees vorendag kom.

Kinders moet hul verbeeldin­g en eie liggaam gebruik om te speel.

Om aktief te wees, kan enigiets van fietsry, in die tuin werk of sokker speel saam met vriende beteken. Probeer uitvind wat sy belangstel­ling is en bestee tyd daaraan om geleenthed­e daarvoor te koester en te kweek.

Nooi sy vriende oor om saam buite te speel, aangesien sosiale motivering dikwels meer kragtig is as ouers.

’n Waterspeel­stasie in die somer is altyd ’n goeie idee (mits jy nie in ’n droogtegeb­ied woon nie). Water trek kinders aan en hulle kom self met allerlei idees vorendag om dit by hul dag in te bou.

Probeer na basiese dinge terugkeer, soos dat jou kind herwinbare materiale (toiletroll­etjies en papbokse) gebruik om sy eie skeppings te maak.

Seuns van dié ouderdom geniet dit om te weet hoe dinge gemaak word. Probeer om elektronik­a, speletjies of speelgoed te vind wat uitmekaarg­ehaal en weer aanmekaar gesit kan word. Dit is noodsaakli­k vir motoriese beplanning en logiese redenering.

Probeer sorg dat ’n gewoonte word. Sit elke dag tyd opsy om buite te kom, selfs al is daar geen aktiwiteit betrokke nie. Piekniek, kamp, ’n fort of rugby is alles dinge wat jou kind van die skerm kan weglok en dit vir hom lekker kan maak om buite te speel.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa