Baba & Kleuter

WAT KAN VERKEERD LOOP?

-

INFEKSIE

Infeksie van die vrugwater en vliese kom selde voor, maar dit kan veroorsaak dat jou water te vroeg breek en jou baba vroeg gebore word.

“Soms kan die infeksie volg op vliese wat te vroeg geskeur het. Dit is dus baie belangrik dat as jou water breek, slegs jou dokter ’n inwendige ondersoek doen en slegs wanneer hy of sy dit noodsaakli­k ag,” sê JP.

In baie gevalle is daar geen simptome nie en dokters vermoed eers ’n infeksie wanneer hulle agterkom dat jou én jou baba se hart te vinnig begin klop.

Enige veranderin­g aan die reuk van jou vaginale uitskeidin­g moet onmiddelli­k met jou dokter bespreek word, want dit kan ook op ’n infeksie dui.

VRUGWATER- EMBOLISME

Dit gebeur wanneer vrugwater of fetusafval jou bloedstroo­m binnedring. Dit is baie gevaarlik, want dit kan ’n mens se hart en longe ineen laat stort weens ’n suurstofte­kort en tot geweldige bloeding lei.

Dis gelukkig ’n baie seldsame komplikasi­e.

MIN VRUGWATER

Dit kan gebeur dat die vrugwater minder is as wat dit in ’n bepaalde stadium van swangerska­p behoort te wees.

As jou swangerska­p al taamlik ver gevorder is – tussen 36 tot 37 weke – is die veiligste behandelin­g die geboorte van jou baba.

As jy minder as 36 weke swanger is, sal jou ginekoloog jou baba se gesondheid fyn dophou.

Vrugwaterp­roduksie is ’n uiterse belangrike aanduiding van jou ongebore baba se welstand en dokters gebruik dit ook as ’n manier om te bepaal hoe goed die plasenta werk, sê JP.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa