FEI­TE OOR FON­TA­NEL­LE

Baba & Kleuter - - JOU PASGEBORENE -

SAG DOG STERK Die fon­ta­nel­le lyk baie de­li­kaat, maar wees ge­rus, dié sag­te plek­kies word deur ’n ste­wi­ge vlies be­dek wat dit be­stand maak teen die mees­te stam­pe en sto­te. Jy hoef dus nie bang te wees om sy ha­re lek­ker te was of te veel te keer as klein kin­der­tjies aan sy kop­pie wil vat nie. Die taai vlies bo-oor die sag­te plek­kies maak dit on­waar­skyn­lik dat die fon­ta­nel­le deur sag­te aan­ra­king be­ska­dig kan word.

HELP MET GE­BOOR­TE Fon­ta­nel­le speel ’n be­lang­ri­ke rol ty­dens na­tuur­li­ke ge­boor­tes. Om­dat dit so soe­pel is, kan dit toe­laat dat ’n ba­ba se kop van vorm ver­an­der so­dat dit deur die ge­boor­te­ka­naal pas son­der dat die brein­tjie seer­kry. Moet dus nie skrik as jou ba­ba se kop­vorm aan­vank­lik ef­fens vreemd lyk nie. Dit keer ge­woon­lik bin­ne die eer­ste 48 uur ná sy ge­boor­te weer na nor­maal te­rug. DRUK­KING IN DIE BREIN Dok­ters kan die druk­king bin­ne-in die brein be­paal deur aan ’n ba­ba se fon­ta­nel­le te vat. In nor­ma­le om­stan­dig­he­de be­hoort ’n fon­ta­nel lig­gies na bin­ne te duik, maar steeds plat en ferm te voel wan­neer jy daar­aan raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.