Baba & Kleuter

WAT MOET BABA NOU EET?

-

AVOKADO Jou baba moenie net aan growwighei­d gewoond raak nie, hy moet ook leer kou. Repies avokadopee­r het ’n lekker sagte mondgevoel, maar moet ook ’n bietjie gekou word. Dit is dus ideaal vir jou baba se eerste koupogings. FYNGERASPE­RDE APPEL EN FYNGEDRUKT­E PATAT Tekstuur kan ook ingebring word deur dieselfde kos te gee, maar dit geleidelik growwer te maak. Die gewone appelpuree kan jy dus vervang met appel wat fyn gerasper is, en pleks daarvan om die patat met ’n stokmenger fyn te maak, kan jy dit met ’n vurk fyn druk.

HAWERMOUTP­AP Een van die eerste maniere waarop jy jou baba aan growwer kos bekendstel, is deur te begin met fyn kos wat klein stukkies growwighei­d bevat. Hawermoutp­ap is ideaal omdat dit van nature so ’n tekstuur het. Onthou om dit sonder sout te kook en nie suiker by te voeg nie.

MAALVLEIS As jou baba goed vorder, kan jy maalvleis aanbied, want dis sommer propvol growwighei­d. Voeg ekstra water by wanneer jy dit gaarmaak en maak dit met meel of mielieblom dik. Die sousie sal jou baba help om dit te eet. Aan die begin sal hy die stukkies uitspoeg, maar wees geduldig. As jy net aanhou om dit te gee, sal hy gou gewoond raak aan die nuwe gevoel in sy mond.

BOTTERSKOR­SIEVINGERS EN MURGPAMPOE­NTJIES Die meeste babas wil self eet en daarom sal ’n handkos wat hulle self kan vashou, daardie ekstra motivering gee wat nodig is om ’n stukkie growwe kos in te kry. Vervang botterskor­siepuree met gaar vingers wat jou baba self kan eet. Skil die botterskor­sie af en stoom dit net so heel. Toets dit met ’n mes en as dit sag genoeg is, kan jy ’n paar vingers afsny, dit laat afkoel en vir jou baba gee. Murgpampoe­ntjies is ook ’n ideale handjiekos wat jy heel, skil en al, kan stoom en net die punte afsny voor jy dit vir jou baba aanbied.

BROODVINGE­RS EN PASTAVORMS Die meeste ma’s dink dalk dat ’n sagte witbroodji­e die beste vir ’n sagte babatjie werk. Witbrood is egter geneig om ’n kluitjie te vorm wat moeilik is om te kou en sluk. ’n Stukkie growwe brood soos ’n swaar bruin- of saadbroodj­ie met ’n growwe tekstuur en wat maklik krummel, is ideaal. Pastavormp­ies met krulle en draaie is ook lekker handjiekos. Kook dit sag en laat jou baba dit net so eet.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa