Baba & Kleuter

SLAAPAFRIG­TER 1

Rhonél Scheepers, Mom’s Helper en Sleep Training Consultant­s

-

VEREISTES Babas moet minstens ses maande oud wees, minstens 8 kg weeg en bedags genoeg proteïene eet sodat hulle sonder ’n nagvoeding kan klaarkom. Babas word geleer om teen slaaptyd self aan die slaap te raak en hulle self weer aan die slaap te maak elke keer wanneer hulle in die nag wakker word.

KONSULTASI­E Die eerste konsultasi­e is drie uur lank en albei ouers woon dit sonder hul baba by. ’n Holistiese benadering word gevolg waar kinders se mediese geskiedeni­s en die gesin se omstandigh­ede bekyk word, asook of daar ander kinders is wat afgerig moet word (slaapafrig­ting word tot op 10 jaar gedoen). Die metode word in diepte bespreek en daarna kan jy besluit of jy die program self gaan implemente­er en of die slaapafrig­ter twee aande by jou huis moet oorslaap.

METODE Jou baba se kamer moet donker en koel wees (maksimum 19 grade C), hy moet in ’n slaapsak wees en sy fopspeen en slaapmaatj­ie (sagte speelding) byderhand hê, en klassieke musiek wat die afrigter verskaf, moet deurnag speel.

Ná storietyd word jou baba wawyd wakker neergesit, die lig word afgeskakel en die deur toegemaak. Huil word beheer en jou baba word nooit toegelaat om langer as vyf minute sonder ingryping te huil nie. Ná die eerste minuut sal jy ingaan en vir hom sê: “Waar is jou fopspeen? Waar is jou teddie? Lekker slaap.” Jy loop uit en trek die deur toe. As jou baba vyf minute lank huil, word hy vinnig opgetel, ’n drukkie gegee, neergesit en die tyd word weer van voor af gemonitor.

Die eerste aand doen die konsultant die slaapafrig­ting terwyl pappa toekyk; die tweede aand doen pappa die slaapafrig­ting terwyl die konsultant hom bystaan.

SUKSES Sowat 50 persent van kinders slaap op dag 2 al deur, terwyl die res ná 10 dae deurslaap. Dis ’n tiendagpro­gram.

KOSTE Konsultasi­es begin by R1 350 en koste vir oorslaap wissel afhangend of daar gereis moet word. Nasorg is 24/7, en is onbepaald en kosteloos beskikbaar per telefoon of WhatsApp.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa