Baba & Kleuter

SOSIALE & EMOSIONELE VAARDIGHED­E

-

Jou baba se sosiale en emosionele ontwikkeli­ng is belangrike­r as enige ander ontwikkeli­ngsgebied. Dis noodsaakli­k vir sy latere skoolprest­asie, lewensgelu­k en ’n suksesvoll­e loopbaan en verhouding­s. Sukses word hoofsaakli­k gebou op die vermoë om met ander kontak te maak, betekenisv­olle verhouding­s te vorm en ander in ag te neem.

Hoewel jou baba gebore word met die inherente behoefte om te sosialisee­r, is hy te emosioneel onvolwasse om dit te doen. Dit beteken dat hy nog nie in staat is om sy emosies te bestuur nie en by geboorte nog nie eens verstaan dat hy los van jou bestaan nie.

In die eerste paar maande sal jou baba ’n band met jou ontwikkel wat die grondslag van alle ander verhouding­s in sy lewe sal vorm. Hy sal leer dat hy ’n mens apart van jou is en sal begin om sy emosies te beheer deur hom self te leer kalmeer.

In die kleuterjar­e sal hy vriendskap­pe ontwikkel en leer om met ander saam te werk om ’n gesamentli­ke doelwit te bereik.

Dis aangrypend om te kyk hoe hierdie vaardighei­d ontvou en jy kan help deur ’n grondslag daarvoor te lê.

SOSIALE KONTAK

Van die eerste dag af en dwarsdeur die eerste maande sal jou baba baie sterk op jou gesig fokus. As jy hom kans gee, sal hy jou gesigsuitd­rukkings naboots en selfs probeer om met jou te kommunikee­r.

Ondersteun hierdie vroeë sosiale kontak deur genoeg tyd opsy te sit om met jou baba te gesels terwyl jy hom sowat 20 cm van jou gesig af vashou en oogkontak maak. Dit is die afstand waarop jou baba ordentlik op jou gesig kan fokus.

Wanneer hy ’n gesig trek, boots dit na sodat hy kan weet hy het ook ’n invloed

op jou. Probeer sy boodskappe verstaan en gebruik woorde om te beskryf hoe hy voel, selfs al is hy nog so klein. Dit gee erkenning aan hom as unieke mens en help intelligen­sie, gedrag en binding aan.

GLIMLAG

Teen omtrent ses weke sal jou baba begin glimlag. Hy kan dit selfs vroeër begin doen, maar ’n gereelde glimlaggie in reaksie op ’n versorger behoort teen ses weke gevestig te wees.

Hou jou baba vas en gebruik jou stem, aanraking en uitdrukkin­gs om ’n glimlaggie te ontlok en beloon sy pogings deur terug te glimlag. Sê hardop hoe gelukkig die glimlaggie jou maak en moedig dit aan.

SELFTROOS

Die vermoë om hom self te troos en te kalmeer is ’n vaardighei­d wat jou baba mettertyd aanleer. Die eerste pogings is al daar, maar teen nege weke behoort jy definitief te sien hoe jou baba rustiger word wanneer hy jou stem hoor.

Help hom deur hom te wys hoe hy sy handjies na sy middellyn en mondjie toe kan bring om hom te kalmeer. Dit is belangrike mylpale wat knieserigh­eid baasraak, jou baba kalm hou en hom help om later deur te slaap.

WANNEER OM BEKOMMERD TE WORD

Dit kos party babas ’n rukkie om hul armpies na die wêreld uit te steek en almal kan nie dadelik voluit met die mense om hulle kontak maak nie.

As jou baba teen ses weke steeds nie oogkontak maak of vir jou glimlag nie, is dit ’n goeie plan om by die pediater of ’n arbeidster­apeut met ’n spesiale belangstel­ling in babas aan te klop.

’n Gebrek aan belangstel­ling in die wêreld en die afwesighei­d van enige inisiatief om kontak met mense te maak, kan selfs in hierdie vroeë weke rede tot kommer wees.

Daarby behoort die meeste babas hulle teen 12 weke al self genoeg te kan troos om hul buie in ’n mate te beheer.

As jou baba dus tot in sy vierde maand sonder enige ooglopende rede nog aanhoudend ongedurig is, moet jy die pediater vir ’n verwysing na ’n terapeut vra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa