AS DIN­GE SKEEFLOOP

Baba & Kleuter - - JOU KLEUTER -

As jou kind se pro­p­ri­o­sep­tie­we sin­tuig nie be­hoor­lik werk nie, kan hy suk­kel om glad­de, ge­ko­ör­di­neer­de en be­heer­de be­we­gings uit te voer. Ta­ke wat vir an­der kin­ders nor­maal is, is vir hom ’n pro­bleem, soos loop, kruip en te­ken. Hy kan suk­kel met mo­to­rie­se be­plan­ning, om sy lig­gaam in ’n sta­bie­le po­si­sie te hou, om sy be­we­gings te gra­deer so­dat hy weet hoe hard of sag hy moet werk, en om be­plan­de be­we­gings ak­ku­raat uit te voer. Soms dink men­se hy is stout of lui, maar eint­lik suk­kel hy net om sy be­we­gings te be­heer of is dit vir hom net te moei­lik. Ge­brek­ki­ge pro­p­ri­o­sep­sie kan lei tot ’n swak self­beeld om­dat hy ge­du­rig voel hy doen ver­keerd of om­dat maat­jies hom ver­werp om­dat hy hul­le seer­maak, al be­doel hy dit nie. As jou k­l­ein­ding se pro­p­ri­o­sep­tie­we stel­sel swak ont­wik­kel is, sal jy die vol­gen­de op­let: • Hy is bui­ten­ge­woon lomp, stamp ge­du­rig teen goed en maak hom dik­wels seer. • Hy suk­kel om sy be­we­gings te ko­ör­di­neer en om te be­heer hoe hard of sag hy iets doen. Hy druk te hard met sy pot­lood op pa­pier, is ge­neig om hard te stamp pleks van net lig­weg te du, of speel rof met speel­goed of maat­jies. Hy kan ook “hard” loop. • Hy be­weeg ge­du­rig: Hy skop aan­me­kaar teen goed of vroe­tel met sy han­de, kou aan iets, byt sy na­els of knak sy kneu­kels. • Hy is oor­e­ner­giek en rof en hard­loop, spring, wip rond of raas waar dit eint­lik on­van­pas is. • Hy ver­kies styf­pas­sen­de kle­re soos rol­nek­truie. • Hy suk­kel om ’n lig­gaams­po­si­sie te hand­haaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.