In­boks

Baba & Kleuter - - INHOUD - GER­DA- MA­RIÉ VAN ROOY­EN, BOSHOF, VRY­STAAT

Sy strom­pel by die kerk in. Haar reg­ter­skou­er is oor­laai met ’n hand­sak en ’n rug­sak wat oor­vol is van doe­ke, speel­goed, kleu­ter­kle­re, ou­ma se ha­wer­mout­koe­kies en ’n tie­tie­bot­tel wat lek. Sy pro­beer ge­ruis­loos die moe­ders­ka­mer bin­ne­sluip, maar die drie­ja­ri­ge aan haar lin­ker­hand hou van die kol­lig.

Die blo­sen­de ma laai die sak­ke van haar skou­er af na­dat sy ’n plek­kie kon uit­krap. Ter­wyl sy dan­kie sê, het die e­ner­gie­ke man­ne­tjie die speel­goed­krat ont­dek en met groot trots om­ge­keer.

Na­tuur­lik sit drie an­der ge­sin­ne se kin­ders stroop­soet op hul ma en pa se skoot. Dis net die do­mi­nee se kind wat ge­hoor word – en el­ke kar­re­tjie be­land in ’n on­ge­luk.

Die ar­me vrou trek die kind uit die k­lein ver­trek­kie na die ag­ter­ste bank van die kerk waar daar reeds men­se sit.

“Pap­pa!” skree die klein­ste ter­wyl die doops­for­mu­lier ge­lees word. Mam­ma druk haar hand oor sy mond, maar boe­ta ruk dit af en wrie­mel sy pad oop. Hy gaan wrag­tig kruip tot by pap­pa, sy guns­te­ling.

Nie­mand sit in die boon­ste vleu­el nie, dis dalk net die plek. Maar in nie­mands­land eg­go el­ke ge­luid. Mam­ma pro­beer hom vang en van sy ge­raas­maak­skoe­ne stroop.

“My shoes!” pro­tes­teer die man­ne­tjie. Te­rug is die skoe­ne en af is hul­le met die trap­pe wat di­rek moe­ders­ka­mer toe lei.

Boe­tie ont­dek so­waar nog speel­goed en noem al­les by die naam. Die an­der ou­ers met die voor­beel­di­ge kin­ders kyk om. Mam­ma bloos.

Mam­ma pro­beer sy gees­drif met die tie­tie­bot­tel tem, maar dit word weg­ge­stoot. Po­ging twee is ha­wer­mout­koe­kies. Die krum­mels be­land eg­ter se­kon­des la­ter o­ral oor sy nuut ge­brei­de blou trui. Mam­ma pro­beer hom af­stof, maar die rooi bak­kie tui­mel on­der­toe.

Dié keer kry Mam­ma boon­op ’n vuil kyk van die kan­sel af en net daar be­sluit sy dis tyd om te trek.

Sy gryp die sak­ke. Boe­tie hou van die laas­te sê, want toe Mam­ma die hout­deur van die kerk oop­stoot, skree hy “bye!”.

Net an­der­kant die grens van die kerk­werf is dit Mam­ma se beurt vir praat op pad pas­to­rie toe. Ou­ma aan Pap­pa se kant word ge­bel.

Haar ver­kla­ring: “Dis pay­back ti­me”.

van Rooy­en saam met die Ger­da-Ma­rié en And­re­as (3). be­dry­wi­ge k­lein Hen­dré

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.