Pa se stem

Ja, kin­ders is die bes­te Kers­ge­skenk ooit – maar so ook die ‘be­ter ge­sind­heid’ wat no­dig is om hul­le groot te kry ...

Baba & Kleuter - - INHOUD - DEUR PIE­TER REDELINGHUYS

Daar is ’n sê­ding wat ek by my aan­ge­trou­de fa­mi­lie ge­leer het en wat ge­woon­lik rond­om spe­si­a­le ge­leent­he­de soos ver­jaar­dae of Kers­fees ge­reeld ge­hoor word.

“So, wat wil jy vir Kers­fees hê?” sal een vra. En dan is die ant­woord al­tyd: “Ag, net ’n be­ter ge­sind­heid, dan­kie.”

Of­skoon die goe­di­ge self­spot nou al ’n soort ri­tu­eel is wat so in die ver­by­gaan ge­pleeg word, het dit my met­ter­tyd aan die dink ge­sit. Ek het die ver­dien­ste van die o­ën­skyn­lik on­skul­di­ge sin­ne­tjie be­gin in­sien.

Want wat kan dan nou be­ter wees as om el­ke nou en dan ge­se­ën te word met ’n ste­wi­ge skeut be­ter ge­sind­heid? Ver­naam as jy in die ( by­kans heel­tyd­se) be­dryf van kin­ders groot­maak is?

Ben, ons eers­ge­bo­re­ne, is nou pas vier. Met die hou­ding van ’n 14-ja­ri­ge. E­die, sy sus­sie, is nou vyf maan­de oud. Met die hou­ding van ’n vyf maan­de oue ba­ba.

Dis ’n do­de­li­ke kom­bi­na­sie. Ver­al in tan­dem, as al­le hel los­breek, is dit ’n na­tuur­krag wat e­ni­ge pa en ma se goeie ge­sind­heid kan ver­suur.

Ek en Car­la be­dryf die si­tu­a­sie ba­sies soos daar­die af­los­span­ne in be­roeps­rof- stoei. Die een skep a­sem bui­te die kryt, praat moed in, bied mo­re­le on­der­steu­ning en gee raad aan die stoei­maat in die kryt. As dié dan ie­wers in loop van die ge­veg s­poed be­gin ver­loor en so te sê teen die plan­ke is, spring die vars be­ne in die kryt en los die an­der een af. Met hier­die af­los­teg­niek word die kleu­ter en ba­ba daag­liks ge­voed, ge­klee, ge­skool, ge­speel, ge­bad, ge­bed en ge-al­les.

So hier is ons nou, aan die ein­de van ’n op­win­den­de en gro­ten­deels ver­ras­sen­de 2018. Die jaar waar­in ons nu­we ba­ba haar op­wag­ting ge­maak het. Praat van ver­ras­sing! Ek won­der soms hoe ons dit tot hier met so ’n woel­wa­ter as eers­ge­bo­re­ne oor­leef het, laat staan nog die by­ko­men­de uit­da­gings van die prag­ti­ge nu­we­ling.

Ek won­der soms daar­oor, ja. Maar ek weet wel hoe ons oor­leef het. Hoe­kom ons van­dag en el­ke lie­we uit­da­gen­de, uit­put­ten­de dag na die twee kin­ders kan kyk en be­sef hoe on­meet­baar groot ons lief­de vir hul­le is.

Die ant­woord is eint­lik heel een­vou­dig: Ben en E­die rig ons tot in­keer, noop ons om met re­ël­maat self­on­der­soek te doen oor hoe­kom ons (uit vrye wil) die ver­ant­woor­de­lik­heid van ou­er­skap op ons skou­ers ge- neem het. Ons kin­ders maak dat ons bé­ter vol­was­se­nes is. Be­ter mén­se. In­di­rek, dus, dat ons daag­liks ’n be­ter ge­sind­heid het.

Ek sal graag ’n paar do­syn daar­van vir Ben vir Kers­fees wil koop, dié be­ter ge­sind­heid. Tans is dit iets waar­aan hy ’n er­ge ge­brek het. En E­die se koms het al­ler­mins die si­tu­a­sie ver­ge­mak­lik.

So lief­de­vol en ver­troe­te­lend as wat hy teen­oor sy sus­sie is, so nuk­ke­rig en ny­dig is hy teen­oor my en Car­la. Die een dag wil hy net by my wees en nie­mand an­ders nie, die vol­gen­de net by sy ma en nie­mand an­ders nie. S­kei­ding­sangs, sê dié wat weet. Dis al­ge­meen on­der vier­ja­ri­ges.

So, wat wil jy vir Kers­fees hê? vra ek hom op ’n dag in aan­loop tot die fees­sei­soen. Nie dat hy al ’n wa­re be­grip van Kers­fees het nie, maar wat­ter kind wil dan nie op­ge­won­de uit­sien na ’n soort Kers­boom-si­tu­a­sie en ge­sken­kies in vro­li­ke toe­draai­pa­pier nie?

Diep in my bin­ne­ste hoop ek hy ui­ter die woor­de “net ’n be­ter ge­sind­heid, dan­kie, Pap­pa”, maar uit die aard van die saak is dit nie die ant­woord wat ek kry nie.

Hy wil eer­der ’n see­ro­wer­skip hê en ruim­te­man­kle­re. Ook op sy wens­lys is i­tems van ’n ver­skei­dend­heid su­per­hel­de: Bat­man se swart mas­ker “met die ho­rings op, Pap­pa”, Su­per­man se skou­er­man­tel, In­cre­di­ble Hulk se groen vuis­te. O ja, en ’n brand­weer­wa, ’n wal­king talk (twee­rig­ting­ra­dio), sim­ba­le en ’n sak­so­foon.

E­die, neem ek aan, wil ba­sies bors­melk en skoon doe­ke hê. Wel, ten min­ste gaan één van my kin­ders kry pre­sies wat hul­le vir Kers­fees wou ge­had het!

My Kers­wens? Dat ek my­self voort­du­rend daar­aan sal her­in­ner dat die groot­ste ge­sken­ke waar­voor ek in my le­we kon vra, reg voor my oë be­sig is om mens te word.

Aan al die ma’s, pa’s, ou­mas, ou­pas, peet­ou­ers en pleeg­ou­ers wat dié ru­briek lees, wens ons ge­sin ’n ge­se­ën­de Kers­fees vol vreug­de, voor­spoed en aan­ge­na­me ver­ras­sings.

Mag die feit dat jul­le met die moed van jul oor­tui­ging ’n kind of kin­ders on­der die vlerk het as aan­spo­ring dien om be­ter men­se te wees, om on­be­perk lief te hê, met oor­ga­we aan­dag te gee, son­der voor­skrif lei­ding en rig­ting te gee en daar­die kos­ba­re kin­der­li­ke on­skuld te koes­ter.

Bo­wen­al, mag jul­le in die nu­we jaar daar­die “be­ter ge­sind­heid” kry wat so nood­saak­lik is om ons pad deur die nuk­ke en gril­le van kin­ders groot­maak te na­vi­geer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.