Pak die hos­pi­taal­tas

Ge­bruik hier­die af­tik-lys om se­ker te maak jy het al­les in jou en ba­ba se hos­pi­taal­tas wat jul­le no­dig gaan hê.

Baba & Kleuter - - INHOUD - DEUR LIBBIE JOU­BERT

Be­plan jy ’n na­tuur­li­ke ge­boor­te? Daar kan ’n paar uur van kraam voor­lê en dis die moei­te werd om dit vir jou so ge­mak­lik en aan­ge­naam moont­lik te maak. Stel vas wat jou plek van ge­boor­te toe­laat. Be­skou die lys hier­on­der as voor­stel­le; kies waar­mee jy ge­mak­lik voel. • Baie vloei­stof – wa­ter bly die bes­te, aan­ge­vul met e­ner­gie­dran­kies of “oer­woud­sap” (lees die kas­sie) • Twee of meer was­lap­pe waar­mee jou maat jou ge­sig kan af­vee. Jy kan dit ook as ’n warm kom­pres op jou on­der­rug ge­bruik • Iets wat jou ha­re uit jou ge­sig kan hou:

knip­pies, rek­kies, ’n haar­band • ’n Paar mak­lik ver­teer­ba­re e­ner­gie­hap­pies vir jou soos ro­sy­ne, e­ner­gie­sta­fies, ’n paar neu­te • Ge­mak­li­ke kle­re vir die eer­ste fa­ses van

jou be­val­ling • Bi­ki­ni-bo­stuk of kort top­pie as jy ’n

wa­ter­ge­boor­te be­plan • Hand­doek – meer as een vir ’n wa­ter

ge­boor­te (en nie jou bes­tes nie) • Jou eie kus­sing vir per­soon­li­ke ge­mak • Lip­bal­sem • ’n Wa­ter­spuit­kan­ne­tjie om jou koel

te hou • Mu­siek op jou slim­foon vir at­mos­feer. • Ker­se vir at­mos­feer • Kaar­tjies met po­si­tie­we ge­boor­te­be­ves­ti­gings (e­ni­ge po­si­tie­we stel­lings wat jou ty­dens kraam kan help) wat jy in die ka­mer kan op­plak om jou ge­fo­kus te hou • O­lie of poei­er vir massering – lig­te a­ro­ma-o­lies kan baie by­dra tot ’n ge­mak­li­ker be­val­ling. Le­moen­blom, roos, la­ven­tel en i­lang-i­lang is geu­re wat in die ver­skil­len­de sta­di­ums van kraam aan­ge­wend kan word om pyn te help ver­lig • Warm­wa­ter­sak­ke vir jou on­der­rug,

skou­ers en maag • Ge­boor­te­bal • Mas­seer­rol­lers • ’n Fo­to of p­rent met per­soon­li­ke be­te­ke

nis vir vi­su­a­li­se­ring en mo­ti­ve­ring • ’n Bad­ka­mer­sak­kie met jou wa­smid

dels, ro­me en tan­de­bor­sel • Nag­kle­re en/of skoon kle­re vir ná die

ge­boor­te • Slim­foon met ka­me­ra • S­lim­foon­laai­er.

VIR BA­BA

* ’n Na­el­knip­per * Twee pak­ke doe­ke vir pas­ge­bo­re­nes * Va­se­li­ne of boud­jie­room * Vog­doe­kies * Ba­ba­wasmid­del en -room * Wat­te * Ont­smet­tingsal­ko­hol * Vyf stel­le kle­re wat frok­kies, ge­mak­li­ke groei­pak­kies, mus­sies en ba­ba­sok­kies vir die win­ter in­sluit * Vier ba­ba­kom­ber­sies, waar­on­der ten

min­ste twee lig­te toe­draai­kom­ber­sies.

PA SE SAK

• Kon­tant en jou bank­kaar­te • Me­die­se­fonds­kaart • Hor­lo­sie om die tyds­duur tus­sen sa­me

trek­kings te meet • Lig­te lees­ma­te­ri­aal • Guns­te­ling-peu­sel­hap­pies soos bil­tong,

be­skuit­jies, Pro­vi­tas – pak ge­noeg! • Skep voor­af ’n kon­tak­groep op jou slim­foon van v­rien­de en fa­mi­lie wat jy in ken­nis wil stel. • Ge­noeg ge­mak­li­ke kle­re of nag­kle­re wat voor oop

knoop of oop­vou vir die duur van jou ver­blyf • Pan­tof­fels • Weg­gooi­ba­re broe­kies • Dik sa­ni­tê­re doe­kies vir ná die ge­boor­te (Car­ri­well

s’n werk goed) • Lin­ne- oor­trek­sels (wa­ter­dig­te vier­kant van plas­tiek

wat keer dat die lin­ne vol bloed word) • Ys­pak vir pyn­ver­lig­ting om die pe­ri­ne­um • Voe­dings­bra • Bors­doe­kies • Jel- bors­doe­kies ( koud of warm) vir ver­lig­ting van

oor­vol bors­te • Ge­son­de peu­sel­hap­pies en vrug­te­sap • ’n Pen • Boe­ke of tyd­skrif­te; die mees­te ba­bas slaap baie en

jy gaan tyd hê om te ver­wyl • Plas­tiek­sak vir vuil was­goed • ’n Skoon stel los en ge­mak­li­ke kle­re om mee huis toe te gaan (ont­hou dat jou baar­moe­der nog ge­swel gaan wees).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.